Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nico van Gijsen: Enkelouer? Beplan vir jou dood

Ons kyk vandag na die versorging van ’n kind (of kinders) van ’n enkelouer ná daardie ouer se dood.

enkelouers
’n Testamentêre trust verseker dat erfgeld vir minderjariges beskerm word. Wys egter ook professionele mense as trustees aan. Foto: Pixabay

Ons het tussen ons baie enkelouers, hetsy nooit getroud nie, of die gevolg van egskeiding, of die dood van ’n gade. Die waarheid waarmee jy moet saamleef, is dat mense nie in volgorde doodgaan nie. Ouers kan sterf voor hul kinders of andersom. Dit gebeur.

Begin by jou testament. Maak seker jy stel ’n voog aan vir jou kind. Dit moet iemand met verantwoordelikheid en finansiële selfstandigheid wees (om logiese redes). As jy geskei is en jy het alleentoesig oor die kind, het jy die alleenreg om ’n voog aan te stel, al leef jou eks nog.

En ’n verdere belangrike punt: Maak seker dat die aangestelde voog nie ook as ’n getuie jou testament mede-onderteken nie. Die wet verbied dit.

In elk geval meen ek jy moet kundige hulp kry hiermee, verkieslik van ’n fidusiêre spesialis, want daar is ander belangrike punte wat gedek moet word.

Veral belangrik is of die voog sekuriteit moet verskaf, of nie. Die Meester sal sekuriteit vereis, waar dit nie spesifiek uitgesluit is in die testament nie.

Geld wat aan die kind bewillig is, sal aan die voog uitbetaal word (tensy die testament anders bepaal). Dit sluit ook geld in wat die kind, buiten dit waartoe hy of sy as erfgenaam geregtig is, as ’n eis teen die boedel verkry.

Die eis van ’n minderjarige kind kom voor enige bemaking. Al jou ander erfgename moet dus agter in die ry staan as daar ’n minderjarige kind betrokke is.

Die eis van ’n minderjarige kind kom voor enige bemaking. Al jou ander erfgename moet dus agter in die ry staan as daar ’n minderjarige kind betrokke is en die kind ’n eis om onderhoud teen die boedel instel. Vandaar die belangrikheid van goeie finansiële beplanning terwyl jy nog ’n sê oor jou sake het.

Uiteraard sal skuldeisers eerste hul deel vat, selfs voor die kind.

Nico van Gijsen

My voorstel sou wees om liewer enige geld wat aan die kind bewillig word aan ’n testamentêre trust te bemaak vir die versorging van die kind. Só verseker jy dat die geld uit die hande van individue, hoe gaaf en ordentlik ook al, gehou word. Daar is nie ’n probleem as die voog een van die trustees is nie, maar ek sal voorstel jy stel ook professionele mense aan as trustees.

Benewens die testament is genoeg geld vir die kind se onderhoud van die uiterste belang.

Onthou, jy’s dan dood, jou salaris val weg. Hopelik het jy darem ’n pensioenfonds en dalk ook ’n eie uittree-annuïteit (UA), wat kan uitbetaal.

Maar in die meeste gevalle waar daar minderjarige kinders is, is die ouer self nog jonk, wat beteken die jare wat hulle tot so ’n fonds kon bydra was min, wat verder beteken die geldjies in die fonds is gewoonlik ook min. En gewoonlik is daar nog skuld ook.

Maak dus doodseker en kry genoeg lewensdekking. Begunstig die geld direk aan die testamentêre trust vir die kind, sodat dit nie deur jou boedel gaan nie, hoofsaaklik omdat jy deesdae byna ’n tweede lewe nodig het om te wag vir ’n eksekuteursaanstelling by van ons meesterskantore.

En intussen moet die kind versorg word.

As jy genoeg spaargeld het om vir die kind te sorg, sal ek nietemin voorstel dat jy dit ook in ’n polis belê, bloot omdat ’n polis buite die boedel kan uitbetaal, om dieselfde rede genoem.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Testament  |  Ma  |  Boedelbeplanning  |  Kinders En Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.