Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nico van Gijsen: Saambly finansieel sleg vir vroue

Ek het vanjaar ’n paar navrae gehad van vroue in saambly-verhoudings. Dit is veral ouer vroue wat betrokke is in verhoudings hetsy ná ’n egskeiding of dood, wat hulle in ’n situasie bevind met min sekerheid oor hul finansiële toekoms.

Nico van Gijsen

Verlede week vra so ’n bekommerde leser of sy met haar saambly-maat ’n ooreenkoms kan aangaan en met dien verstande dat hy ’n testament daarvolgens opstel wat bindend sal wees om vir haar voorsiening te maak as hy sterf.

Laat ek dit kortliks puntsgewys probeer antwoord.

Vroue in saambly-verhoudings trek maar aan die kortste ent. Ek weet dit, want ek sien dit. Daar is geen werklike wetgewing wat hulle beskerm nie.

Jy kan met hom gesels oor die opstel van sy testament en wat aan jou bemaak word. Geen fout daarmee nie.

Maar daar is geen sekerheid vir jou nie. Hy kan môre ’n nuwe testament opstel. Hy hoef jou nie eens in te lig nie.

En enige ooreenkoms tussen julle wat daarop gerig is om sy vryheid om sy testament te verander te beperk, is uit die staanspoor nietig. Dit kan nie gedoen word nie. Dit is ongeldig, al probeer jy.

My voorstel, as jy sekerheid wil hê, is om te trou. Die huwelik skep ’n wedersydse verpligting op onderhoud. Tot by dood. Ná dood, as daar nie genoeg voorsiening gemaak is in sy testament nie, kan jy jou beroep op die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades (Wet 27 van 1990).

As jy in ’n saambly-verhouding is, so voel ons howe, het jy gekies om nie die beskerming van die wet te hê nie en is jy op jou eie.

’n Eis ingevolge dié wet word ewe belangrik geag as ’n eis om die onderhoud van ’n minderjarige kind en dit kry voorkeur bo enige testamentêre bemaking. As jy in ’n saambly-verhouding is, so voel ons howe, het jy gekies om nie die beskerming van die wet te hê nie en is jy op jou eie.

Ter volledigheid moet ek dalk net hier noem dat ingevolge huidige regspraak het ’n party in ’n saambly-verhouding tussen mense van dieselfde geslag wel toegang tot die wet. Maar of dit nog geld noudat mense van dieselfde geslag kan trou, is te bevraagteken.

LEES OOK: Wat gebeur as jy sonder testament sterf?

Terug by die punt. As julle om die een of ander rede nie wil trou nie, kan julle ’n burgerlike verbintenis aangaan. Dit gee partye dieselfde regte en verpligtinge teenoor mekaar as ’n huwelik.

liefde
’n Saambly-verhouding bied geen finansiële beskerming vir enigeen in die verhouding nie, maar dis gewoonlik vroue wat die slegste daaraan toe is. Foto: Unsplash

Of, as jy wil, kan julle ’n saambly-ooreenkoms opstel, waarin julle die regte en verpligtinge kontraktueel uiteensit. Julle kan iets soortgelyks aan die aanwas-bedeling in so ’n ooreenkoms uiteensit, sodat jul albei se batewaardes aangeteken word by die aangaan van die ooreenkoms.

Wanneer die verhouding beëindig word, word die verskil in die twee boedels gelyk verdeel. Maar, regtig, voordat jy al hierdie moeite doen, hoekom dan nie maar net trou nie?

Maar wat nou as, soos in die geval van ons leser hierbo, die man se bates meestal in ’n trust is? En sy familie, wat trustees is, is klaar nie op goeie voet met haar nie. Hulle gaan hulle nie oor haar ontferm nie en sy is in elk geval nie ’n begunstigde nie.

Dan moet julle kyk na genoegsame lewensversekering. Dit bring sekerheid, want dood gaan hy dood en solank as wat die premies betaal is, sal die polis uitbetaal.

Dit kan julle wel kontraktueel vasmaak, sodat hy verplig is om die premiebetaling vol te hou. Die polis sal ook vrygestel wees van boedelbelasting, al is julle nie getroud nie.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen

Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Lewensversekering  |  Vroue En Geld  |  Aanwasbedeling  |  Trusts  |  Saambly  |  Testament  |  Verhoudings  |  Boedelbeplanning  |  Trou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.