Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nico van Gijsen: Trusts – kool dalk nie sous werd

Ek sien ’n ding kom met familietrusts wat nog tot groot finansiële ellende vir baie mense gaan lei. En die drywer daaragter is ons ou vriend Jan Taks.

Nico van Gijsen

Familietrusts het oor die jare, veral hier van 1994 af, baie gewild geword. En nie altyd om die regte redes nie. Dit was na my mening meer as gevolg van ywerige trust-smouse se belasting-twak as wat dit gegaan het om die beskerming van bates ten gunste van derde partye, die een werklike doel met ’n trust.

Ek het al voorheen hier gewys op die risiko’s met trusts, in so ’n mate dat ek ’n “naam” gekry het as iemand wat “nie in trusts glo nie”. Dis nie waar nie.

’n Trust is ’n stuk gereedskap. Gebruik hom vir sy doel, dan is dit ’n goeie instrument. Anders is dit net ’n pyn in die jy weet waar.

Of op sy ergste, teëspoed wat wag.

Jan Taks het sy mes al geruime tyd in vir belastingspeletjies met trusts. Ons sien dit in die hoër koerse waarteen trusts belas word. Maar wat min mense klaarblyklik weet, is dat daar ’n verpligting op trusts rus om jaarliks ’n belastingopgawe in te dien. Dit geld alle trusts, of die trust inkomste verdien het of nie. Selfs sogenaamde dormante trusts is onderhewig hieraan.

’n Trust is ’n stuk gereedskap. Gebruik hom vir sy doel, dan is dit ’n goeie instrument. Anders is dit net ’n pyn in die jy weet waar.

’n Trust is ’n “persoon” vir belastingdoeleindes en daar moet jaarliks ’n ITR12T-vorm voltooi word wat onder meer die trustees se besonderhede, asook bankbesonderhede van die trust, insluit.

Die een of ander tyd gaan Jan Taks toeslaan op diegene wat dit nie gedoen het nie.

En dit is wat my die vraag laat vra of die trust-kool altyd die sous werd is.

Ja, vir dié wat nie weet nie, ’n trust moet ’n bankrekening ook hê. Of hy nou geld in die bank het of nie. Of hy nou inkomste verdien of nie.

So, hier kyk ons nou al klaar na bykomende bankkoste en die beslommernis om jaarliks belastingopgawes in te dien.

Trouens, nie een keer ’n jaar soos in die geval van die meeste mense nie, maar drie keer, want ’n trust is ’n voorlopige belastingbetaler.

Ek kom kort-kort by kliënte wat vir my sê hulle het ’n trust, maar hulle weet nie hoekom nie.

Dit sal interessant wees om te weet hoeveel trusts bestaan wat spesifiek geskep is net om ’n woonhuis of strandhuis in te hou, maar geen inkomste verdien nie. Of trusts wat geskep is om jou bates aan te bemaak in jou testament – ’n leë dop wat lê en wag vir jou om dood te gaan.

Ek skat daar is etlike duisende sulke trusts. Ek kom kort-kort by kliënte wat vir my sê hulle het ’n trust, maar hulle weet nie hoekom nie. Stryk dit uit vóór jy beboet word omdat jy nie belastingopgawes ingedien het nie.

Ek het dié week met kollegas hieroor gesels en ons was dit eens dat dit dalk ’n goeie idee sal wees as daar ’n belastingamnestie kan kom waartydens mense die kans gegun word om sulke trusts te beëindig. En waar daar vaste bates in die trust is, om dalk sonder kapitaalwinsbelasting of hereregte die bates uit die trust te haal.

Maar vir eers stel ek voor jy kry die trust se belastingsake in orde.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Trusts  |  Inkomstebelasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2381,58 (472)
  • Top 40 48158,37 (4141)
  • All Share 53874,52 (3359)
  • Resource 10 42374,38 (-13158)
  • Financial and Industrial 30 72821,17 (16551)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.