Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nog méér in SA trek noustrop oor geld
momentum

Suid-Afrikaanse verbruikers se finansies is die afgelope twee jaar reeds onder groot druk en die kans is skraal dat dit vanjaar gaan verbeter, blyk uit Momentum en Unisa se kwartaallikse indeks wat verbruikers se finansiële kwesbaarheid (CFVI) meet.

Ronelle Kind van Momentum Corporate sê in ’n verklaring hoe langer verbruikers se persoonlike finansies onder druk is, hoe moeiliker is dit om daarvan te herstel.

Solar calculator showing on the digital display th
Sowat 71% van dié respondente glo verbruikers lewe bo hul vermoë. Foto: iStock

In die eerste kwartaal van 2019 was die CFVI op 51,2 punte, teenoor 52,6 punte in die eerste kwartaal van 2018. Hoe hoër die telling, hoe minder kwesbaar is verbruikers.

Mense wat finansieel kwesbaar is, se kontantvloei is so onder druk dat hulle voel hulle kan nie kop bo water hou nie, sê die indekssamestellers prof. Carel van Aardt, Jacolize Meiring, prof. Bernadene de Clercq (al drie van Unisa) en Johann van Tonder (Momentum).

Die indeks word gegrond op die antwoorde van 112 sleutelrespondente in bedrywe wat daagliks met verbruikers werk, soos kredietinstellings en kleinhandelaars wat skuld toestaan.

Sowat 71% van dié respondente glo verbruikers lewe bo hul vermoë, 51% voel daar is te min selfbeheersing as meer skuld gemaak word en 49% meen hulle is onverantwoordelik met die gebruik van krediet. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.