Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Onthou: Elektroniese Jan Taks ‘hou langnaweek’
Die eFiling-webtuiste van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

As jy nog elektronies sake met Jan Taks wil doen, beter jy dit Vrydag voor 17:00 doen.

Anders gaan jy maar moet wag tot Dinsdag voor jy weer die aanlyn dienste van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal kan gebruik.

Die SAID herinner Suid-Afrikaners vroeg Vrydagoggend dat hy dié naweek sy elektroniese dienste na ’n nuwe bediener skuif.

Die SAID het in Oktober onder skoot gekom nadat bewerings voor die Nugent-kommissie van ondersoek gemaak is dat sy eFiling-stelsel op die rand van ineenstorting is.

Die belastinggaarder het dit toe ten sterkste ontken.

Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die SAID, het op 2 April bevestig die SAID het reeds R225 miljoen in sy nuwe efiling-stelsel belê.

“Die stelsel word reeds getoets. Ons hoop dat dit op 25 April in werking gestel gaan word,” het hy toe gesê.

Die SAID het kort daarna op 8 April aangekondig dat verskeie van sy elektroniese dienste gaan van 12 tot 16 April van lyn af wees terwyl dit na ’n nuwe platform geskuif word.

Dit sluit in die SAID se eFiling-diens, sowel as die eFiling-app en e@syFile Employer.

Die SAID se webtuiste gaan ook in dié tyd nie werk nie.

Luidens ’n verklaring is die skuif deel van die SAID se “reis na digitale transformasie” wat na verwagting ’n “verskeidenheid innoverende oplossings” gaan bied sodat die SAID makliker aan sy mandaat kan voldoen.

As jy egter dringend sake met Jan Taks moet doen, kan jy steeds in persoon opgawes indien of ander dringende sake in kantoorure by enige van die SAID se kantore gaan doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.