Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Pa’s kan – eindelik – by WVF eis vir 10 dae af ná baba

Pa’s en ouers wat nie vir kraamverlof kwalifiseer nie, kan uiteindelik vergoeding vir hul tien dae ouerskapsverlof van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) eis.

pa's
Die ouer wat nie kraam-, aanneem- of surrogaatverlof neem nie, mag nou tien dae ouerskapsverlof neem. Foto: Pixabay

Pres. Cyril Ramaphosa het op 23 November 2018 die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge onderteken wat bepaal dat die ouer wat nie vir kraamverlof kwalifiseer nie, nou tien opeenvolgende dae ouerskapsverlof kry wanneer ’n kind gebore word. Dis teenoor die drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof wat vantevore gegeld het.

Ramaphosa het egter eers onlangs ’n proklamasie onderteken ingevolge waarvan dié voordeel in werking gestel word, met 1 November as effektiewe datum.

Werknemers wat tot die WVF bydra, kan tot 66% van hul salaris van die fonds eis indien dit binne die salarisdrumpelbedrag van sowat R210 000 per jaar is.

Ouerskapsverlof kan een keer per jaar geneem word.

Hoe kan ouers eis?

Enige ouer wat nie vir vier maande betaalde kraamverlof kwalifiseer nie is geregtig op tien dae betaalde ouerskapsverlof geregtig ná die geboorte van ’n kind.

Indien ’n kind van twee jaar of jonger wettig aangeneem word, kan die een ouer om tien weke aannemings- of surrogaatverlof soortgelyk aan kraamverlof aansoek doen en die ander een vir tien dae ouerskapsverlof.

  • Kry die aansoekvorm op www.labour.gov.za.
  • Besoek enige tak van die departement van arbeid.

Bring ook die volgende dokumente saam:

  • Jou identiteitsdokument;
  • Die volledige geboortesertifikaat van die kind; en
  • Besonderhede van ’n geldige bankrekening.

Teboho Maruping, WVF-kommissaris, sê die fonds is slaggereed en opgewonde om eise te ontvang “en die nodige finansiële steun aan WVF-bydraers te gee terwyl hulle die tyd gebruik om met hul nuwe kinders te vind en hulle te versorg.”

Ouerskapsverlof is ingestel ná ’n jare lange stryd deur Hendri Terblanche van Durbanville.

Meer oor:  Vaderskapsverlof  |  Ouerskapsverlof  |  Kraamverlof  |  Ouers  |  Departement Van Arbeid  |  Wvf  |  Babas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.