Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Pasop vir dié skelms en hul lenings

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) waarsku verbruikers om versigtig te wees vir bedrieërs wat hulle as kredietverskaffers voordoen.

Moenie desperaat raak en geld van skelms leen nie, waarsku die NKR. Foto: Unsplash

Volgens Jacqueline Peters, bestuurder van ondersoeke en wetstoepassing van die NKR, teiken die bedrieërs mense met geldprobleme wat ’n lening soek.

In hul bemarking gebruik hulle woorde soos “blacklisted” (geswartlys) en “debt review clients welcome” (mense wat skuldhersiening ondergaan, is welkom).

Die Nasionale Kredietwet verbied die gebruik van dié woorde in advertensies.

Peters sê daar word ’n toename in dié bedrog ervaar wanneer wettige kredietverskaffers minder krediet toestaan.

“Dít is wanneer verbruikers meer op hul hoede moet wees.”

Sy sê die skelms gebruik gewoonlik die besonderhede van wettige kredietverskaffers.

Haar raad oor hoe om nie die slagoffer van dié skelms te word nie, is:

1. Hanteer alle onverwagse oproepe, e-posse en teksboodskappe versigtig. Moenie aanneem dat dit van wettige persone en maatskappye kom nie, selfs as die persoon sekere basiese inligting oor jou het, soos jou naam.

2. Moenie enige geld vooraf betaal voor ’n lening aan jou toegestaan word nie. Dit is onwettig. As dit van jou gevra word, vermy verdere kontak en stel die relevante owerhede in kennis, soos die NKR en die polisie.

3. Moenie onder druk wees om vinnig te reageer nie. ’n Werklike kredietverskaffer sal nie omgee om te wag as jy tyd nodig het om te dink en die koste van die krediet deur middel van ’n kwotasie te vergelyk nie.

4. Moenie gebruik maak van kredietverskaffers wat nie ’n ontleding doen om te bepaal of jy die lening kan bekostig nie.

5. Moet nooit geld leen van ’n kredietverskaffer wat nie geregistreer is nie. Volgens Peters moet verbruikers wat twyfel oor ’n kredietverskaffer of oor die kredietooreenkoms die NKR by 011 554 2600/2700 bel. Besoek ook die NKR se webtuiste by www.ncr.org.za.

Meer oor:  Jacqueline Peters  |  Geldsake  |  Lenings  |  Nasionale Kredietreguleerder  |  Skuld  |  Nkr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1341,79 (3305)
  • Top 40 47952,19 (-8562)
  • All Share 54078,36 (-6069)
  • Resource 10 40983,08 (-17841)
  • Financial and Industrial 30 72453,13 (-5597)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.