Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Poskantoor bly nét vir Sassa-toelaes oop
Die poskantoor sal tydens die staat van inperking net oop wees om die uitbetaling van Sassa-toelaes te behartig. Foto: Getty Images

Takke van die Suid-Afrikaanse Poskantoor wat toelaes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) uitbetaal, sal tydens die nasionale staat van inperking soos normaalweg oop wees.

Pres. Cyril Ramaphosa het met sy aankondiging Maandag van die staat van inperking gesê mense sal steeds hul toelaes by die onderskeie uitbetalingspunte kan gaan afhaal.

Die regering wil mense se beweging tot die minimum beperk, maar mense mag sekere noodsaaklike goed wel doen.

882 takke van die Poskantoor sal tydens die staat van inperking oop bly, luidens ’n verklaring.

Ten einde die veiligheid van personeel en diegene wat hul staatstoelaes kom afhaal te verseker, sal almal te alle tye ’n meter van mekaar af moet bly. Dit sluit diegene in wat in rye moet staan en wag.

Poskantoorwerkers is ook van handskoene en handreiniger voorsien.

Sassa het reeds aangekondig die April-toelaes vir bejaardes en gestremde persone sal vroeër uitbetaal word in ’n poging om die risiko van Covid-19-besmetting te verklein. Uitbetalings aan bejaardes en gestremdes sal reeds vanaf 30 Maart plaasvind. Alle ander toelaes, soos toelaes vir kindersorg, is van 1 April af beskikbaar.

Poskantore sal tydens die 21 dae van inperking net oop wees vir die uitbetaling van toelaes. Geen pakkies of posstukke kan gestuur of afgehaal word van 27 Maart tot 16 April nie.

Posaflewering by huise is ook opgeskort, sê Ivumile Nongogo, waarnemende hoof van die Poskantoor.

Die Poskantoor se inbelsentrum sal ook nie in werking wees nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Sassa  |  Poskantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.