Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Prys van spek skiet die hoogte in
vleispryse
Lyk heerlik, of hoe? Maar dit kos nou ’n arm en ’n been. Foto: Pixabay

Banting of nie banting nie, as jy jou beursie wil spaar, moet jy maar wegbly van spek, een van die stapelvoedsels van dié hoëvetdieet.

Spek het die afgelope jaar ’n allemintige 16,3% duurder geword, volgens inligting wat Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak het. Dis die skerpste styging van enige soort vleisproduk.

’n Pakkie spek gaan jou nou meer as R30 uit die sak jaag (sien kassie).

Wat kos spek?
  • Pick n Pay-naam rugspek: R31,99 per 200 g (R160 per kilogram)
  • Eskort-skouerspek by Pick n Pay: R34,99 per 200 g (R180 per kilogram)
  • Woolworths-rugspek: R38,99 per 250 g (R160 per kilogram)
  • Woolworths-skouerspek: R44,99 per 250 g (R180 per kilogram)

Die pryse is soos op 11 Junie aanlyn aangegee. Shoprite en Checkers gee nie spekpryse aanlyn aan nie.

Biltong en wors het ook duurder geword, maar darem met net 1,8% en 1,3% onderskeidelik.

Die styging in biltong en wors is dus aansienlik minder as die 2,3% waarmee die hele mandjie kos en drinkgoed wat SSA meet, duurder geword het. Die syfers vergelyk pryse in April 2018 met April 2019.

Die algemene inflasiekoers van alle goedere en dienste was in April 4,4%.

Vleis as kategorie het 1,2% goedkoper geword. Daarvan was die skerpste daling vir stowebeesvleis, wat jou 5,4% minder kos as ’n jaar gelede. Selfs biefstuk was gemiddeld ’n watertandsyfer van 4,8% goedkoper.

Verskeie ander kossoorte het baie vinniger as die algemene kosprysinflasie van 2,3% duurder geword.

  • Groente was 10,1% duurder as ’n jaar gelede;
  • Vrugte 6,4%;
  • Brood en graanprodukte 6,1%;
  • Vis 4,9%; en
  • Lekkers en poedings 5,2%.
kosprysinflasie
Meer oor:  Spek  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Vleispryse  |  Inflasiekoers  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2022,02 (2371)
  • Top 40 52279,5 (-48145)
  • All Share 58343,23 (-41278)
  • Resource 10 47992,62 (2829)
  • Financial and Industrial 30 77622,49 (-98071)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.