Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Raad met skuld as Januarie begin druk

Daar is geen manier om die druk van Januarie  vry te spring nie. Ná die feestyd moet baie verbruikers geld leen om hul verpligtinge in die eerste maand van die nuwe jaar na te kom. Die Nasionale Kredietreguleerder gee raad.

  

Jou beursie is leeg - maar maak seker jy verstaan die totale koste van die krediet voordat jy ’n ooreenkoms onderteken. Foto: iStock

Krediet is duur

Leen net geld as dit absoluut noodsaaklik is en maak dan seker jy maak skuld by ’n kredietverskaffer wat by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) geregistreer is, sê adv. Kedilatile Legodi, waarnemende bestuurder van opleiding en kommunikasie van die reguleerder.

Ongeregistreerde kredietverskaffers vra dikwels buitensporig hoë rentekoerse wat nie aan die Nasionale Kredietwet voldoen nie, doen nie die nodige bekostigbaarheidstoetse nie en samel die skuld op onwettige maniere in deur onder meer verbruikers se identiteitsdokumente, bankkaarte of Sassa-kaarte te hou, sê Legodi.

Die NKR waarsku ook daarteen om lenings aan te gaan vir verbruikersgoedere soos kruideniersware.

Skuldkoste

Maak seker jy verstaan die totale koste van die krediet waarom jy aansoek doen voordat jy ’n ooreenkoms onderteken.

Die koste van skuld sluit in rente, eenmalige aanvangskoste, maandelikse terugbetaling en krediet-lewensversekering.

As lener behoort jy ’n staat en kwotasie te kry met die totale bedrag wat terugbetaal moet word, voordat jy die skuldooreenkoms onderteken.

Die dokumente is vyf werksdae geldig en is daarop gemik om die verbruiker te help om verskeie opsies te vergelyk en om dan ’n ingeligte besluit te neem,” sê Legodi.

Verstaanbare inligting in eenvoudige taal

Die Nasionale Kredietwet bepaal verbruikers het die reg op inligting wat in verstaanbare en eenvoudige taal gegee word, asook op redes van die kredietverskaffer indien hul kredietaansoek afgekeur is.

Wees eerlik

Verbruikers moet eerlik wees wanneer hulle om krediet aansoek doen en die korrekte en alle toepaslike inligting oor hul finansiële status gee.

“As krediet toegestaan word op grond van verkeerde finansiële inligting wat verskaf word, kan beteken die verbruiker kan dalk uiteindelik nie die skuld terugbetaal nie.

“Dit kan tot erger finansiële probleme lei,” sê Legodi.

Moenie instem om tariewe vooruit te betaal nie

Baie verbruikers word deur bedrieglike kredietverskaffers (dikwels aanlyn) mislei dat hulle byvoorbeeld administrasie- of regsgeld vooruit moet betaal wanneer hulle geld leen.

Dikwels verloor verbruikers dié geld sonder om toegang te kry tot die geld wat hulle wil leen.

Moet nooit ’n blanko kredietooreenkoms of -dokument onderteken nie

Vergewis jouself eers van die inhoud, maak seker jy verstaan dit en vra vrae totdat jy tevrede is voordat jy enigiets onderteken.

Oorweeg kredietlewensversekering

Maak seker jy verstaan die voorwaardes vir kredietversekering sodat jy nie hoog en droog gelaat word wanneer jy dit die nodigste het nie. Kredietversekering kan baie nuttig wees as jy nie jou skuld kan terugbetaal nie weens iets soos werkloosheid, ongeskiktheid of ander onvoorsiene omstandighede.

Betaal jou skuld betyds

Om laat te betaal of minder as die vereiste bedrag te betaal, is sleg vir jou krediettelling.

Dit kan ook jou kans belemmer om in die toekoms krediet te kan aangaan.

Kontak jou kredietverskaffer onmiddellik as jy nie jou maandelikse terugbetalings kan doen nie. Moenie wag totdat jy betalings gemis het nie, sê Legodi.

Probeer betyds reëlings tref om die terugbetalingsvoorwaardes te verander om jou omstandighede te pas.

Meer oor:  Lenings  |  Nasionale Kredietreguleerder  |  Krediet  |  Skuld  |  Nkr  |  Kredietwet  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.