Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Rykstes word al hoe ryker

Die wêreld het nou 24 miljoen dollarmiljoenêrs, volgens die Boston Consulting Group se jongste verslag oor globale private rykdom.

Die huismark in Clifton, waar die rykes speel. Foto: ISTOCK

Die totale waarde van rykdom in private hande het in die laaste tien jaar met 80% toegeneem tot $226,4 duisend miljard in 2019. Die BCG-verslag wys die totale waarde van bates in die hande van private batebestuurders het in 2010 op $133,3 duisend miljard gestaan. Verlede jaar was ’n rekordjaar vir die rykes. Die waarde van private rykdom het toegeneem met $19 duisend miljard, die grootste groei nóg.

Noord-Amerika is steeds die tuiste van die meeste rykes, met 45% ($100 duisend miljard) van die globale rykdom wat in dié streek gehou word. Wes-Europa se private rykdom staan op $46,8 duisend miljard, Asië s’n op $42,1 duisend miljard, Japan op $17,6 duisend miljard en Latyns-Amerika op $5,6 duisend miljard.

Asië, Oos-Europa, Latyns-Amerika, die Midde-Ooste en Afrika het egter die grootste toename in rykes getoon in die afgelope dekades. In 2009 het dié markte net 17,3% van globale private rykdom besit. Nou is dit 25,3%.Gabriel Seeber

Meer oor:  Boston Consulting Group  |  Rykes  |  Rykdom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.