Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jan Taks het sy pond geëis, nou’s jy (soort van) vry

Belastingvryheidsdag het aangebreek en Suid-Afrikaners werk nou vir die eerste keer vanjaar vir hulself, maar die neiging is kommerwekkend.

belasting
Belastingvryheidsdag is vanjaar op 21 Mei – 39 dae later as in 1994. Foto: Pixabay

Elke jaar werk jy hard, maar die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet eers sy pond vleis eis voordat jou geld joune is.

Die Vryemarkstigting (FMF) bereken elke jaar die dag waarop jy uiteindelik jou skuld aan Jan Taks vereffen het en dus daarna vir die res van die jaar net vir jouself werk.

In 2021 is hierdie sogenaamde Belastingvryheidsdag nou op 21 Mei.

Maar vir die afgelope 27 jaar skuif die datum al hoe later in die jaar.

belasting

Suid-Afrikaners is volgens die FMF van die swaarste belaste burgers ter wêreld, maar kry bitter min in ruil daarvoor.

En soos Belastingvryheidsdag toenemend verder uitskuif, wys dit hoe Suid-Afrikaners al hoe meer betaal vir minder.

“Ongelukkig sal die neiging van ’n latere Belastingvryheidsdag (wat minder geld vir jouself beteken) waarskynlik voortduur namate staatsuitgawes, die begrotingstekort en staatskuld toeneem,” sê die FMF.

Wat is Belastingvryheidsdag?

Belastingvryheidsdag is bloot ’n teoretiese konsep om te illustreer hoe swaar die belastinglas op die deursnee-Suid-Afrikaner is, en dit beeld uit hoeveel van die gemiddelde belastingbetaler se inkomste hy aan die staat moet afstaan in die vorm van belasting.

As al sy inkomste vir die jaar in gelyke dele van 365 opgedeel sou moes word en hy van 1 Januarie af eers sy inkomste aan die staat sou moes afstaan, sou 21 Mei teoreties die laaste dag wees waarop hy belasting aan die staat betaal, en vir die res van die jaar is sy inkomste net syne.

Zietsman gebruik syfers van die begroting, verwagte belastinginkomste en vooruitskattings oor die BBP vir sy berekeninge.

“Suid-Afrika het die 12de hoogste inkomstebelastinglas en die negende hoogste belasting vir maatskappye ter wêreld. Vir ons ekonomiese vlak is dit volgens internasionale standaarde buitengewoon hoog,” sê Garth Zietsman, statistikus van die FMF wat jaarliks die Belastingvryheidsdag bereken.

Die regering lewer min vir die hoë belastinglas. “Ons onderwysstelsel is treurig, en die misdaadsyfer is hoog, met die meeste ernstige misdaad wat nie opgelos word nie,” sê Zietsman.

Terwyl belasting opwaarts neig, gaan ekonomiese groei afwaarts. Die gevolg is dat Suid-Afrikaners ’n groeiende belastinglas moet dra terwyl hulle armer word, sê die FMF.

“Belastingvryheidsdag is vanjaar twee dae later as in 2020 en byna ses weke later as in 1994. Dit beteken dat die deursnee-Suid-Afrikaanse belastingbetaler in 2021 altesaam 140 dae (38,4% van die jaar) moes werk in plaas van die 138 dae (37,8%) wat hulle gewerk het in 2020 om hul belasting te betaal.

“In 1994 het Suid-Afrikaners 101 dae geneem om die regering te betaal, ’n hele 39 dae minder as vanjaar.”

Groei vereis laer belasting, meen Zietsman. Laer belasting bied ’n groter aansporing vir private persone om te werk, te spaar en te belê. Die netto resultaat sou groter investering, meer innovasie, ’n sterker ekonomie, minder werkloosheid, minder armoede en ’n meer tevrede bevolking wees.

“Die regering is minder innoverend, sowel as minder doeltreffend as die private sektor. Hoë belasting vertraag ’n ekonomie en laat dit nie groei nie.

“Op Belastingvryheidsdag het ons die geleentheid om na te dink oor die rol van die regering in ons lewe en of ons waarde vir ons geld kry.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.