As jy die nuus oor nuwe ministers, supermarkte en ’n dorp wat te koop is dié week misgeloop het, lees verder. Hier is die gewildste berigte op Netwerk24 Sake vir die week.
1. Dié nuwe ‘skokstok’ sal boewe laat les opsê
Suid-Afrikaners is duidelik bekommerd oor hul veiligheid en wou weet hoe dié nuwe patent werk. Almal wil weet hoeveel dit kos - lees dus ook ons opvolgberig.
Lees ook: Nuwe skokstok se prys gaan jou ook skok

Die Wattozz-skokpistool lyk kompleet soos ’n speelgoedwapen. Dit weeg net 450 g. Foto: Petrus Malherbe
Petrus Malherbe
2. Dié 4 supermarkte ‘het te veel mag, knou kleintjies’
Is jy moeg daarvoor om jou inkopies by net een van vier groot supermarkte te kan doen of dink jy daar moet ’n groter keuse wees?
3. Hele dorp op veiling te koop
Wat is dié naweek op jou inkopielysie? Wat van ’n Vrystaatse dorpie?
4. Goeie nuus! Steers, Milky Lane kom nou na jóú toe
Lus vir ’n burger en ’n melkskommel maar te lui om te ry om dit te gaan koop? Dan is dit goeie nuus vir jou!
5. Telkom vasgevat oor sy ‘internet sonder limiete’
Hoe belangrik is ’n woord? In Telkom se geval genoeg om hom in die pekel te laat beland.

Maria Ramos Foto: Argief
Nog gewilde berigte
6. Een van dié 5 dalk Eskom se nuwe hoof: Die kragreus kort alweer ’n nuwe baas, maar wie gaan so dapper wees?
7. AngloGold raap Maria Ramos op: Dié vorige bankbaas gaan nou haar stem dik maak in die mynbousektor.
8. Hospitaal wil mense sonder medies só help: Wat gemaak as jy nie ’n mediese fonds het nie?
9. Kabinet ‘goeie nuus vir markte’, nou begin die werk:
Skouer aan die wiel sit, is wat nou van ministers verwag word.
10. AfriForum verklaar dispuut met MultiChoice oor Steve: Die burgerregteorganisasie is die josie in omdat MultiChoice dié sanger boikot.