Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 9 Jun.

Die Reserwebank, dreigende resessie en tuimelende rand het kliks gelok die afgelope week. Daar was darem ligpunte ook. Hier is die gewildste berigte op Netwerk24 Sake vir die week.

    

1. Hiér is die 104 takke wat Standard Bank sluit

Kliënte van Standard Bank wou weet waar takke sluit, en toe het ons gewys wie die verste sal moet ry: Vir dié kliënte is Standard nou ’n dagreis ver

Maar is dit net Standard Bank wat takke verminder? En kan jy darem nog ’n kitsbank naby jou huis vind? Lees ook: Só sluit banke hul takke die laaste 5 jaar

standard bank

   

2. Reserwebank-twis ‘sal Cyril se leierskap toets’  

Hopelik is die openbare bekgeveg tussen Ace Magashule en Tito Mboweni oor die Reserwebank se mandaat nie meer vir jou nuus nie. Bostaande berig wys die pekel waarin die prez hom bevind as gevolg daarvan.

Lees ook:

Onthou, ons is steeds ‘fabulous’

Reserwebank-debat: 5 dinge wat jy moet weet

   

3. Belasting: Opgawe of nié? Wat nou oor die R500 000?

Gerugte dat jy nie meer belasting hoef te betaal as jy halfmiljoen per jaar verdien nie, is fopnuus, mense. Lees hierbo wat verander het aan belastingreëls. Want, jy weet - aan dood en belasting kan jy nie ontsnap nie!

Lees ook: Dien jou taks-opgawe in 4 minute in met nuwe app

  

4. Politici lê mes in oor BBP: ‘Watse omkeerplan, waar?’

Die opposisie looi die ANC oor die katastrofiese syfers oor die land se ekonomie.

Lees ook: BBP daal meeste sedert Groot Resessie

  

5. Shoprite: Só na is Wiese aan dié stemreg verloor

Is dit dalk die ware rede waarom Christo Wiese baie van sy stemreg in Shoprite vir R3,3 miljard wou verkoop?

    

Nog gewilde berigte

   

6. Petrolprys styg 5de maand in ’n ry, maar hoekom? Ons is met ’n Slate-riem gevang!

7. SAL: Nou is daar min hoop: Die lugdiens se Groot Hoop, Vuyani Jarana, het tou opgegooi.

8. Nuwe reeks munte bekend gestel: Kyk uit vir pragmunte wat 25 jaar se demokrasie gedenk.

9. Só lyk die duurste strate in StellenboschDis nie Die Boord nie...

10. Nuwe Huawei-fone sal nie kan WhatsApp, Facebook: Lees hoe dit jou raak.

Stellenbosch
Matieland, waar huispryse steeds die hoogte inskiet.

Meer oor:  5 Gewildste Berigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2061 (6349)
  • Top 40 51733,36 (16820)
  • All Share 57872,52 (23652)
  • Resource 10 46368,09 (-1185)
  • Financial and Industrial 30 77552,34 (38700)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.