Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 16 Jun.

Goeie nuus en ’n bietjie intrige oor Sygnia en Steinhoff – wat laat jou dink als is net altyd saai in die sakewêreld? Hier is die gewildste berigte op Netwerk24 Sake die afgelope week.

  

Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia.

  

1. Miljarde vloei uit SA soos buitelanders ‘vlug’

Die mees gelese berig was die slegte nuus dat buitelanders hulle oor ’n mik geskrik het vir verlede week se herrie oor die Reserwebank. Dawie Roodt het dit tereg ’n nagmerrie-week genoem. Daar was darem ook goeie nuus uit die ekonomie die afgelope week.

Lees ook:

Dawie Roodt: Wat jy moet doen ná nagmerrie-week

Paashaas bring soet nuus vir die ekonomie

   

2. Raai wat is 10 gewildste werkplekke in SA

Transnet, Eskom, Sasol en die regering is op die oomblik van die gesogste werkgewers in die land. Lees bietjie hoe studente se siening verskil van mense wat al ’n paar keer om die blok gedraf het.

Lees ook: Soek jy werk? Hier stel firmas nog aan

   

3. Genade! Dís hoeveel Pick n Pay se baas verdien

Kom ons sê maar net die Brit Richard Brasher hoef nie sousbone op roosterbrood te eet nie... Ons het sy salaris hieronder ook vergelyk met dié van alle ander genoteerde winkelgroepe en die gevolgtrekking is dat Whitey Basson selfs ná sy aftrede steeds die rekord hou vir die bes betaalde kleinhandelhoof.

Lees ook: Raai watter winkelbaas verdien die meeste

  

4. Sygnia, Deloitte se paaie skei ná boekhou-skandaal

Die uitgesproke en gewilde Magda Wierzycka en haar batebestuursfirma is nou vir die tweede keer in twee jaar op soek na ’n ouditeur.

Dit lyk egter asof Sygnia se kant dalk nie heeltemal so skoon is dié keer nie, soos ons opvolgberig aantoon.

Lees ook: Deloitte praat met JSE oor Sygnia-dwarsklap

  

5. Petrolprys: Puik nuus in Julie verwag!

Ag, kom ons hoop net die Derde Wêreldoorlog breek nie uit nie en Ace Magashule bly stil oor die Reserwebank!

  

Nog gewilde berigte

  

6. Pravin Gordhan óók aandadig aan BBP-bloedbad: ’n Rubriekskrywer verduidelik waarom die gewilde minister pak moet kry.

7. Aftreeramp dreig: Mense spaar ál minder vir aftrede: Lees hier wat jy eintlik moet bydra.

8. Steinhoff dagvaar Markus Jooste: Gaan hy dalk sy eerste dag in die hof kry?

9. Saica het nié PwC-verslag oor Steinhoff: Dit bly ’n groot vraag: Wie hét die verslag?

10. Prys van spek skiet die hoogte in: Slegte nuus as jy bant.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, moet hom verweer in ’n siviele hofsaak.
Meer oor:  5 Gewildste Berigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2085,82 (-20024)
  • Top 40 51145,55 (37671)
  • All Share 57123,78 (34185)
  • Resource 10 44133,06 (45362)
  • Financial and Industrial 30 78010,93 (42741)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.