Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 23 Jun.

Steinhoff, die staatsrede, die nasionalisering van Naspers en ’n skikking vir Transnet-pensioentrekkers. Dit was van die nuus wat lesers op Netwerk24 Sake laat klik het die afgelope week.

  

1. DStv Premium verloor 100 000 kykers in SA

Is dit Steve se skuld? MultiChoice reken dis maar omdat verbruikers goedkoper pakkette kies. Algeheel het MultiChoice se intekenare wel stewig gestyg.

LEES OOK: Showmax vs. Netflix: Dis ’n taai stryd

    

2. Cyril en die ekonomie: 6 dinge wat jy moet weet

As jy vanaand oor bier en braaivleis ingelig wil klink oor die staatsrede, is dié berig die een om te lees.

LEES OOK: Cyril se swye oor SAL, SAUK en Denel ‘bisar’

   

3. Só het Markus Jooste sy laaste miljoene verdien

Steinhoff se langverwagte 2018-resultate is uitgereik. Dis droewige leesstof.

LEES OOK: Is Steinhoff nog ’n lopende saak?

markus jooste
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

    

4. Só reageer Transnet-oues oor moontlike skikking

Regsverteenwoordigers sê al is die bedrae dalk klein, beteken die skikking darem uitkoms vir baie van Transnet se pensioentrekkers wat dalk nie meer gaan leef as hulle op die uitkoms van ’n uitgerekte hofsaak moet wag nie. Die skikking is sedertdien deur die pensioenfondse se trustees goedgekeur, maar daar is nog ’n paar stappe voordat geld uitbetaal gaan word.

LEES OOK: Transnet-pensioene: Gordhan moet nog ja sê

  

5. Virgin Active: Net 1 uit 4 pomp saam met ander lede

Suid-Afrika se grootste gimnasium se ledetal groei nog, danksy Discovery Vitality.

LEES OOK: Tatta, TomTom, sê Vitality – en lede is boos

  

Nog gewilde berigte

  

6. ‘Fitbit’ vir Flaffie is hier: Dié GPS-toestel kan jou ook help om jou troeteldier op te spoor.

7. Sien só wat jou kinders op hul fone aanvang: Dit gaan nie oor spioeneer op jou kinders nie, maar maak seker hulle bly veilig – en doen hul huiswerk!

8. SA staalbedryf stuur noodkreet uit ná Trump-besluit: Duisende mense kan hul werk verloor.

9. ‘Nasionaliseer Naspers’, eis BLF: Die veldtog kom voor Naspers se oorsese notering.

10. FNB gaps ‘gratis geld’ weer uit rekeninge: Dit was ’n oepsie...

Vodacom se nuwe V-Pet is ’n opsporingstelsel vir jou troeteldier. Foto: Vodacom
Meer oor:  5 Gewildste Berigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.