Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 21 Jul.

Wat het lesers op Netwerk24 Sake gelees nou in die middel van Spaarmaand? Net soos die vorige week, steeds nie veel oor spaar nie!

  

Is die hospitaal waarna jy tipies toe gaan een van die bestes in die land? Foto: Pixabay

  

1. Hier is die 20 beste hospitale in SA

Lesers is duidelik besorg oor hul gesondheid. Dié ranglys oor watter hospitale die beste in die land is, het behoorlik die aandag getrek.

  

2. ‘Arme’ Bill Gates daal op lys van superrykes

Een woord wat tipies nie gewoonlik met Microsoft se baas Bill Gates verbind word nie, is “arm”. Maar siestog, die man is nie meer die tweede rykste persoon in die wêreld nie!

  

3. EOH bevestig 8 werkers het firma jare lank besteel

Die geraamtes begin nou behoorlik uit die tegnologiemaatskappy EOH se kas te klim. Om die waarheid te sê: agt geraamtes!

Die ergste is, die TV-advertensie wat sê “en dit is nie al nie” was ook dié week op EOH van toepassing.

LEES OOK: Bedrog van tot R1,2 miljard by EOH ontdek

    

4. Langverwagte daling in rentekoers is hier

As jy ’n huis- en/of motorlening of dalk ander skuld het, is Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, waarskynlik dié week jou beste vriend. Die Reserwebank het vir die eerste keer in meer as ’n jaar eindelik bes gegee oor die rentekoers.

LEES OOK: Rentekoers daal: Soveel kan jy spaar

  

5. FaceApp: Rede tot kommer of ’n bohaai oor niks?

Die wêreld is behoorlik op hol oor dié app wat jou skielik jare ouer laat lyk. Maar is dit so ’n goeie idee dat jou ouer self nou al vir jou kan loer?

  

Nog gewilde berigte

  

6. 3 dae van ‘Ultimate’-winskope op Takelot, Superbalist : As jy van winskopies hou, is dié ’n moet-lees.

7. Dít is Suid-Afrikaners se droomkar: Sal jy ook met dié motor die dorp op horings wil neem?

8. Register oor lede van mediese fondse uitgebrei: Dié register het ten doel om beter beplanning in die gesondheidsektor te bewerkstellig.

9. Marcus byt nie aan Matjila se getuienis: Dr. Dan Matjila getuig steeds in Pretoria, maar die talle vrae laat ’n mens wonder oor die geloofwaardigheid van sy getuienis.

10. ‘Bly kalm’ oor voorgeskrewe bates, sê Asisa: Is jy bekommerd oor wat die staat se voorstel vir pensioenfondse is?

As jy wel een van die lesers is wat wil leer om beter te spaar, hier is 'n bonusberig: 

#Spaarmaand: Hou 'n oog op die hamsters!

Tieners se kieste is konstant vol – soos hamsters s’n. Foto: Pixabay

Meer oor:  Eoh  |  Takealot  |  Faceapp  |  Bill Gates  |  Hospitale  |  Rentekoers  |  5 Gewildste Berigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.