Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste vir die week tot 25 Aug.

Nuwe wysigings aan die Nasionale Kredietwet maak dit in bepaalde gevalle moontlik vir verbruikers om by die Nasionale Kredietreguleerder aansoek te doen dat hul skuld uitgewis word. Maar dit beteken nie jy kan nou net wild en wakker skuld maak in die hoop dat dit afgeskryf gaan word nie. Lees hier wat die meeste gelees is op Netwerk24 Sake die afgelope week.

Beteken wysigings aan die Nasionale Kredietwet jy kan nou net wild en wakker klere op skuld aankoop?Foto: Unsplash

1. Skuldwet: Verbruikers moet versigtig wees

Die wet wat vir die “uitwissing van skuld na willekeur” voorsiening maak, is pas deur pres. Cyril Ramaphosa bekragtig. Hoe raak dit jou en kan jy maar opgewonde raak oor die vooruitsig van skuld aangaan?

Ons het die onderwerp vandeesweek volledig ondersoek.

LEES OOK:

2. Kykers van dié gru-porno se inligting lek

O jitte! Meer as ’n miljoen gereelde besoekers aan ’n Japanse webwerf wat sogenaamde hentai-pornografie wys, se persoonlike inligting het uitgelek. Dit sluit in die persone se gebruikersname, e-posadresse sowel as die video’s waarna hulle gekyk het.

LEES OOK: Het jy al pornografie aanlyn gekyk? Lees dan hier

3. Dié 3 woorde kan jou lewe red

Was jy al ooit in ’n noodgeval, maar geen idee gehad waar jy jou op daai oomblik bevind nie? Nooddienspersoneel kan nou tegnologie benut om maklik enige plek op aarde te vind, sonder dat die persoon in nood ’n moeilike adres, of selfs GPS-koördinate, hoef te gee.

4. Parkeer hier vir R1,25 m.

Almal wil ’n huisie by die see hê, maar wat van ’n parkeerplek? As dit in jou smaak val, kan jy dalk hierdie parkeerplek in die Kaapse rykmansbuurt Clifton oorweeg wat nou in die mark is.

5. ‘Aaklige’ syfers van Mr Price ná swak modekeuses

Die Mr Price-groep het vandeesweek ’n “aaklige” handelsoorsig uitgereik nadat hy ’n fout begaan het met sy modes en meer afslag moes gee om van die voorraad ontslae te raak.

  

Nog gewilde berigte

  

6. Virgin Active begin personeel aflê:Geen klub gaan egter gesluit word nie.

7. Jan Taks skors omstrede IT-hoof:Dis onbekend of sy toe beskerming teen haarself gekry het.

8. DStv word goedkoper, maar nie in SA:Dis wel goeie nuus as jy in Kenia of Uganda woon.

9. ‘Help ons,’ pleit wolboere by banke:Afgesien van die wolbedryf wat swaarkry, stagneer lam- en kalfpryse ook.

10. Aanlyn foefie flous talle bekendes:Het jy ook in dié strik getrap?

Moenie vir kettingboodskappe op Instagram val nie. Foto: Unsplash

Meer oor:  Gewildste  |  Sake  |  Sakenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.