Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 15 Sep.

Lesers van Netwerk24 Sake was vandeesweek geskok om te hoor dat PetroSA gebeurlikheidsplanne in plek het sou hy sy deure in die Suid-Kaap moet sluit. Dié staatsonderneming het bekend gemaak sy aardgasbronne aan die Suid-Kaapse kus sal teen Desember 2020 uitgeput wees.

Hier is die volledige berig en ander stories wat lesers van Netwerk24 Sake dié week geraak het.

  

’n Gedeelte van PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg in Mosselbaai. Foto: PetroSA

    

1. Suid-Kaap kan ineenstort as PetroSA moet sluit

Hoewel dit PetroSA R9,8 miljard sal kos om te sluit, bestaan die risiko daarvoor wel. Sou dit wel gebeur, sal dit ’n massiewe impak op die Suid-Kaapse ekonomie hê.

     

2. Só daal Johann Rupert se salaris by Richemont

Hy is dalk een van Suid-Afrika (en die wêreld) se rykste mense, maar tog moes Johann Rupert, voorsitter van Richemont, toekyk hoe sy vergoeding in die afgelope boekjaar met bykans 12% daal.

   

3. Peter Moyo is welkom by Old Mutual – maar net vir koffie op die grondvloer

Old Mutual het vandeesweek sy onmiddellike planne vir verdere regsoptrede teen Peter Moyo, sy aan-af-aan-uitvoerende hoof, laat vaar. Tog het Trevor Manuel, voorsitter van die maatskappy se direksie, tydens ’n nuuskonferensie aangevoer Moyo het geen rede om in die Old Mutual-gebou te wees nie – behalwe as hy ’n koffie op die grondvloer wil geniet.

LEES OOK: ‘Moyo het R4 m. gekry, wat is rasioneel?’

   

4. Transnet-oues ‘nie swart genoeg’

Transnet se verarmde pensioentrekkers kan binne die volgende weke meer as R500 miljoen terugkry wat met staatskaping gesteel is, maar Capitec Bank steek ’n stokkie daarvoor omdat die pensioenfonds nie swart genoeg is nie.

  

5. Nando’s sit PnP se hoender ore aan

Pick n Pay se poging om sy nuwe braaihoender ’n “reënboognasie”-geur te gee, het hom uiteindelik lelik laat bloos – veral nadat Nando’s hom beetgekry het.

  

Nog gewilde berigte

     

6. ANC se plan met pensioene is eenvoudig diefstal:  Minstens, dit is wat die DA vandeesweek in die parlement aangevoer het.

7. Molefe betaal Solidariteit uiteindelikDie voormalige uitvoerende hoof van Eskom het bykans R300 000 aan die vakbond oorbetaal.

8. Voorgeskrewe bates: Moenie uit paniek verkoop: Maar wat staan beleggers te doen?

9. Soek jy werk? Hiér lyk jou kans nou die besteOns verklap na watter stede én beroep(e) jy moet kyk.

10. Netwerk24 besoek die IFA-tegnologiekonferensieDié geleentheid, een van die grootstes ter wêreld, het vele opwindende dinge opgelewer.

ifa
Die IFA-tegnologiekonferensie vind elke jaar in Berlyn plaas. Foto: Petrus Malherbe

Meer oor:  Gewildste  |  Sake  |  Sakenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.