Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 6 Okt.

Suid-Afrikaners is vandeesweek die harnas ingejaag toe DStv aankondig hy gaan drie van sy gewildste kanale sluit. En asof dit nie genoeg was nie, het die betaaltelevisiediens ook bevestig dat intekenare op een van sy meer bekostigbare pakkette nie meer toegang tot kykNET gaan kry vanaf die einde van die maand nie.

Vergewis jou van Regulasie 28: dit kan jou pensioenfonds nadelig beïnvloed. Foto: Pixabay

Hier is die gewildste berigte by Netwerk24 die afgelope week.

  

1. DStv sluit 3 gewilde kanale

Onderhandelinge tussen MultiChoice en die Amerikaanse A+E Network het glo misluk. Gevolglik verdwyn drie van DStv se gewildste kanale die einde van die maand van die lug.

  

2. Talle kykers gaan toegang tot kykNET verloor

Alle intekenare op DStv se historiese Select 1- en Select 2-pakkette word op 29 Oktober na DStv Family oorgeskuif. kykNET is nie deel van die aanbod op DStv Family nie, hoewel dit deel van Select 2 was.

  

3. Katinka Heyns se ‘huisie’ by die see kos R7,95 miljoen

Dié bekroonde rolprentmaker se geliefde huis in Onrus digby Hermanus is in die mark. Heyns het besluit om na haar man se dood af te skaal na ’n kleiner woning.

  

4. Ramaphosa stel top-ekonome aan om hom raad te gee

Vyftien gerekende ekonome, die meeste van hulle akademici, gaan pres. Cyril Ramaphosa oor die volgende drie jaar bystaan met ekonomiese beleid. Maar gaan dit help om die land se tam ekonomie om te keer?

  

5. ‘Skaam julle om dié Poolse koeie se melk te koop!’

Plaaslike melkboere is behoorlik boos noudat die langlewemelk-handelsmerk First Choice al meer melk vanaf Pole invoer in plaas daarvan om Suid-Afrikaanse boere te ondersteun.

  

Nog gewilde berigte

  

6. Mediese koste: Só ‘skiet ondersoek tekort’: Die markondersoek oor mediese koste in die private gesondheidsbedryf is vandeesweek bekendgemaak. Maar het dié ondersoek in sy plig geslaag?

7. Mediclinic ‘verlig’ hy hoef nie hospitale te verkoop: Daar is verlede jaar aanbeveel die hospitaalgroep moet van sy hospitale van die hand sit. Die markondersoek na duur mediese koste het dit egter nie beaam nie.

8. Reël 28 kan jou aftrede nag maak: Is jy bewus van Regulasie 28 en hoe dit jou pensioenfonds kan raak?

9. Brandstof: Dit is wat jy in Oktober gaan betaal: Maak seker jou tenk is vol!

10. Gebruik eerder dié brandstof – dit kan geld spaar: Dis ’n ewige debat om die vleisbraaivuur: Moet jy 93- of 95-oktaan-petrol in jou motor gooi?

Meer oor:  Gewildste  |  Sake  |  Sakenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.