Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 27 Okt.

Die ligte was skaars weer aan ná die vlaag van beurtkrag wat die land ’n week gelede getref het of skielik sit honderde reisigers gestrand op lughawens. Hier is die gewildste berigte by Netwerk24 Sake dié week.

  

1. Vlugte gekanselleer: Minister sê ook nie hoekom

Vier binnelandse lugdienste het self besluit om van hul vliegtuie te hok nadat daar kommer oor hul veiligheid was.

LEES OOK: SA vliegtuie ís veilig, beloof Mbalula

     

2. ‘Nalatiges’ by Medupi glo in die pad gesteek

Probleme by Eskom se Medupi-mega-steenkoolkragstasie was een van die groot redes hoekom beurtkrag ingestel is. Geen wonder die koppe het gewaai oor probleme daar nie.

LEES OOK: Eskom: Dís hoekom daar vir 3de dag g’n beurtkrag is

  

3. Gou spring! MTN gee gratis data weg

Wie sal nou nie belangstel in gratis data nie? Maar wat is die vangplek?

  

4. Gareth Ackerman: ‘Dit help nie om landuit te vlug’

Een van die groot geeste in Suid-Afrikaanse kleinhandel sê oppak en loop is nie noodwendig ’n oplossing vir jou nie, ongeag al die land se probleme.

  

5. Eskom dagvaar Deloitte vir R207 miljoen

Eskom bly dié week in die nuus. In ’n nuwe wending wil hy Deloitte Consulting vir miljoene rande dagvaar.

  

Nog gewilde berigte

     

6. KYK: Die lááángste trein nóg – van Transnet, nogal: Presies hoe lank kan ’n trein nou wees?

7. OBK dank topbestuurder af: ’n Topbestuurder het reeds die trekpas gekry oor sy betrokkenheid by ’n transaksie ter waarde van miljarde rande met Ayo Technology Solutions.

8. Dís wie Guptas se myn gaan koop: Een van die Guptas se kleiner myne is verkoop.

9. Absa se aanlyn dienste lol: Woensdag het Absa se aanlyn dienste sy kliënte die mure uitgedryf.

10. Inflasie sak terug, maar kospryse wek kommer: Nee, jy verbeel jou nie, kos word duurder.

Lugdienste soos Kulula moes Dinsdag behoorlik bontstaan om passasiers te skuif nadat daar kommer was oor die instandhoudingswerk van SAL Tegnies.Foto: Argief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.