Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte dié week

Eskom het Suid-Afrikaners vandeesweek weer aan ’n lyntjie gehou totdat beurtkrag uiteindelik weer laat Donderdagaand ingestel moes word. Dit was egter nie al nuus wat lesers van Netwerk24 Sake op die punt van hul stoele gelaat het die afgelope week nie.

Eskom hou Suid-Afrikaners steeds aan ’n lyntjie oor beurtkrag. Foto: Unsplash

1. Skokbedanking by Shoprite ná omstrede vergadering

Alles blyk nie pluis te wees op Shoprite se direksie nadat prof. Shirley Zinn vandeesweek onverwags en met onmiddellike ingang haar bedanking as hoof- onafhanklike direkteur aangekondig het.

Lees ook: 61% van gewone Shoprite-beleggers stem teen Wiese

2. Beurtkrag, beurtkrag, beurtkrag

Gaan die ligte vandag aanbly, of lê nóg ’n donker nag voor? Eskom het Suid-Afrikaners vandeesweek behoorlik op hol gehad met nuus oor of beurtkrag “skielik” en “sonder waarskuwing” ingestel gaan word.

Lees ook: WNNR identifiseer 3 nuwe sones vir henubare krag

3. Moody’s gee SA ’n heel, heel laaste kans

Dis erg, maar dit kon veel erger gewees het. Moody’s Investors Service – die laaste van die drie groot gradeerders wat SA se staatskuld op beleggingsgraad het – het dié gradering vandeesweek onveranderd gehou. Sy vooruitsig vir die gradering is wel van stabiel in negatief verander.

Afgesien van die land se staatskuld, het Moody’s ook ingeklim onder plaaslike versekeraars, banke en munisipaliteite.

4. Dit is wat jy in November vir brandstof gaan betaal

Gaan jy vandeesmaand lag of huil by die petrolpomp? Hier is die jongste petrolprys wat reeds vanaf Woensdag geld.

Lees ook: Saoedi-Arabië se raffinadery in SA teen 2028 gereed

5. Al dié Kaapse buurte het nou gratis WiFi

Keelvol om so baie vir data op te dok? Google, in samewerking met Think WiFi, het verskeie WiFi-punte in Kaapstad opgerig. Dit bied inwoners onbeperkte toegang tot die internet en is boonop gratis ook.

   

Ander gewilde berigte:

   

6. Lojaliteit, punte en pryse: Dié program is die beste Uit die warboel van lojaliteitsprogramme wat hope voordele bied, is daar een wat as die héél beste beskou word.

7. Takealot gaan wel miljoene hoes vir duur TV’s Die e-handelaar het bevestig bykans 400 kopers van sekere televisies gaan al hul geld terugkry nadat die Springbokrugbyspan gewen het.

8. Bloedneus vir Capitec in saak oor Transnet-pensioene Wel, dis ongemaklik.

9. Cyril se ‘nuwe’ beleggings: R90 mjd. kom uit jóú sak Dit verteenwoordig bykans ’n kwart van al die beleggings wat die president vandeesweek aangekondig het.

10. Só styg Gems se premies in 2020 – Dit is hoeveel jy volgende jaar gaan hoes.

Meer oor:  Gewildste  |  Sake  |  Sakenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.