Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sake se 5 gewildste berigte vir die week tot 11 Okt.

Discovery Health se vet wins het sowel navorsers as Suid-Afrikaners se koppe laat krap vandeesweek, maar blykbaar is hul administrasie net soveel beter as almal anders s’n, en dis al. Verder was baie lesers bekommerd oor of hulle WhatsApp betyds opgedateer het om kuberkrakers af te weer.

Ajay and Atul Gupta. Die VSA se departement van finansies het vandeesweek sanksies teen die Guptas gelê wat hul internasionale bedrywighede erg sal belemmer. (Muntu Vilakazi, Gallo Images, City Press, file)

Hier is die gewildste berigte by Netwerk24 die afgelope week.

  

1. Discovery Health: Vet wins laat navorsers kopkrap

Volgens die markondersoek na die private gesondheidsorgbedryf maak Discovery hordes geld deur hoër as die nodige diensgelde te hef, maar die maatskappy sê hy is eintlik net baie doeltreffender as sy mededingers.

  

2. Kry dadelik jongste weergawe van WhatsApp

Booswigte het ’n manier gevind om ’n gebruiker se WhatsApp-rekening te kraak deur ’n skynbaar doodeenvoudige GIF na die persoon te stuur. Maar as jy bloot jou app bywerk is jy veilig.

  

3. Dís waaroor belastingbetalers die meeste kla

Die belastingombud se jongste lys griewe wys wat Suid-Afrikaners die boosste maak oor Jan Taks, en heel bo aan die lys is swak terugvoering wanneer daar beswaar teen boetes aangeteken word.

  

4. Gebruik eerder dié brandstof, dit kan geld spaar

Ons almal het al met dié tameletjie geworstel: Jy wil hê jou motor se enjin moet beter presteer, so hoë-oktaan-brandstof is tog seker die antwoord, al kos dit duurder. Maar afhangend van jou motor, mors jy dalk meer as R1 000 per jaar.

  

5. VSA pas sanksies teen Guptas toe

Amerika se departement van finansies het Donderdag sanksies aangekondig teen die Gupta-familie en hul vennoot Salim Essa oor dié se “bedenklike transaksies en staatskaping in Suid-Afrika”.

  

  

Nog gewilde berigte:

  

6. Krisis! En ons had g’n plan – Eskom aan parlement:

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, sê Woensdag dit is dringend noodsaaklik dat ’n energieplan vir Suid-Afrika ontwikkel word omdat die volgende paar jaar ernstige probleme vir Eskom en die energiebedryf gaan meebring.

7. Dudu Myeni daag weer nie op vir hofsaak:

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het Maandag ná twee en ’n half jaar se gesloer vir ’n hofdatum steeds nie opgedaag vir ’n hofsaak om haar tot ’n misdadige direkteur te laat verklaar nie.

8. Aandeelhouers verskil heftig oor Moyo-dispuut:

Groot institusionele aandeelhouers van die finansiëledienstegroep Old Mutual is verdeeld oor of die groep moet skik met Peter Moyo, uitvoerende hoof wat afgedank is, of die risiko loop van ’n skadevergoedingseis van R250 miljoen.

9. Myeni: Hof sê tot hier toe en nie verder: Nadat Myeni Maandag én Dinsdag hofdatums gemis het, het Regter Ronel Tolmay Donderdag beslis daar sal ’n kort uitstel wees, maar daarna sal die hofsaak met of sonder Myeni op 21 Oktober voortgaan.

10. Meld voor die tyd aan op DStv Now, vra Multichoice: Kykers wat wil keer dat DStv Now “uitbom” tydens ’n groot gebeurtenis soos ’n internasionale rugbywedstryd moet verkieslik voor die tyd reeds aanmeld, vra MultiChoice Dinsdag.

Meer oor:  Gewildste  |  Sake  |  Sakenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.