Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Sakeman haal weer asem ná stryd oor taks

’n Pretoriase sakeman kan ná ’n stryd van twee jaar uiteindelik weer rustig slaap nadat die hof ’n verstekvonnis vir R3,7 miljoen se belasting teen hom tersyde gestel het.

Evan Richter, een van die direkteure van Engigyn. Foto: Jeanne-Marié Versluis

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Evan Richter se onderneming, Engigyn, vir dié skuld gedagvaar gegrond op syfers wat sy ouditeur volgens Richter “uit haar duim gesuig het”.

Die eerste wat Richter van die verstekvonnis gehoor het, was in Junie 2016 toe die SAID gedreig het om die balju te stuur om op sy bates beslag te lê.

Omdat die dagvaarding by ’n verkeerde adres afgelewer is, was Richter onbewus van die hofsaak teen hom en kon hy homself nie daarteen verweer nie. Richter het daarna ’n groot stryd gehad om die SAID en die balju van sy deur weg te hou.

Terwyl hy by sy vrou, Diana, in die hospitaal was met die geboorte van hul kind, het personeel van die SAID Richter 24 keer gebel om te sê as hy nie die vonnisbedrag betaal nie, stuur hulle die balju, sê Mercades Schoeman, sy prokureur.

Engigyn het ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die vonnis van R3 730 839 tersyde gestel te kry. Die hof het dit verlede maand tersyde gestel en Jan Taks beveel om En­gigyn se regskoste te betaal.

Die hof het bevind Engigyn het nooit die SAID se “finale aanmaning” of enige aanslag, korrespondensie of dagvaarding ontvang voordat die verstekvonnis bekom is nie.

Schoeman sê Engigyn se probleme het begin toe die ouditeur wat die maatskappy se boekhouding gedoen het, verkeerde bedrae vir drie boekjare se opgawes by die SAID ingedien het. “Dit was geskatte syfers wat uit die duim gesuig is,” sê sy. Die SAID het op grond van die ouditeur se syfers Engigyn toe aangeslaan vir R3,7 miljoen se BTW.

’n Onafhanklike ouditeur het later na dié ouditeur se huis gegaan om Engigyn se dokumente te gaan haal. Volgens Schoeman is die dokumente van meer as 1 000 bladsye toe “in kombuiskaste tussen die borde gekry”. Volgens Schoeman toon ’n herberekening dat Engigyn in werklikheid nie meer as R1 miljoen se BTW skuld nie.

Schoeman sê: “Die SAID se houding is dat jy hulle nie kan teregwys nie. Hulle wil nie na rede luister nie. Hulle is slimmer as almal.”

Die herberekende opgawes gaan in die volgende paar weke weer aan die SAID voorgelê word. Só gaan daar hopelik met ’n skoon lei begin word, sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.