Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Salarisse weer ‘normaal’ – maar nie vir almal nie
salaris
Volgens FNB het die inkomste van mense wat tussen R10 000 en R60 000 per maand in die formele sektor verdien, grootliks herstel.

Die meeste salaristrekkers in die middelklas is nou min of meer in dieselfde finansiële posisie as in Februarie, voordat die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkingsmaatreëls Suid-Afrika getref het.

Volgens FNB het die inkomste van mense wat tussen R10 000 en R60 000 per maand in die formele sektor verdien, grootliks herstel.

Hul bestedingspatrone is ook aan die herstel, veral wat kruideniersware betref, maar selfs ook dinge soos vermaak. Dis net besteding aan reis wat steeds baie laer is as voorheen vanweë die perke op reis wat weens die inperking geld.

Mense wat in die informele sektor werk of vir hulself werk, verdien steeds heelwat minder as voor die inperking. FNB is bekommerd dat dit nog lank kan duur voordat hulle finansieel weer op dieselfde vlak is as voor die inperking.

FNB wys daarop dat middelklas-verbruikers, waarvan baie huis- en motorlenings het, ook voordeel trek uit die verlaging van die rentekoers met drie persentasiepunte sedert die begin van die jaar. Die Reserwebank besluit weer Donderdag oor die rentekoers.

Raj Makanjee, hoof van kleinhandel- en private bankdienste van FNB, sê die inperking was vir baie mense ’n uiters moeilike ervaring, emosioneel én finansieel.

“Die herstel van inkomste en beter kontantvloei onder middelklas-verbruikers is egter goeie nuus vir die ekonomie aangesien hulle groot bestedingsmag het.”

FNB raam dat mense wat by klein of middelslagondernemings werk, dié wat minder as tien mense in diens het, is die swaarste getref. Een uit twee van hulle se inkomste het met minstens 15% geval. Daarteenoor het net een uit vyf mense wat deur groot ondernemings, dié met 1 000 of meer werknemers, ook ’n daling van 15% in hul inkomste beleef.

Suid-Afrika se banke het betaalvakansies van tussen drie en ses maande aan duisende verbruikers toegestaan wie se inkomste deur die Covid-19-krisis beïnvloed is.

Meer oor:  Fnb  |  Salarisse  |  Beroepe  |  Covid-19  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.