Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Salaristrekkers nou 1,3% armer as laasjaar
Werknemers in die formele sektor het reël 1,3% minder verdien in Oktober as die ooreenstemmende maand verlede jaar. Foto: Getty Images

Minder mense het in Oktober ’n salaris verdien en dié wat nog werk het, het gemiddeld minder verdien, in reële waarde gemeet (dus nadat inflasie afgetrek is).

Dit is luidens BankservAfrica se jongste indeks van besteebare salarisse.

Die organisasie verduidelik dat sowel die maandelikse as jaarlikse groeikoers geval het, maar dat die jaarlikse daling van 1,3% kommerwekkend is.

Die indeks meet salarisse soos dit in bankrekenings inbetaal word, dus nadat belasting, bydraes tot pensioen- en mediese fondse en ander aftrekkings gedoen is.

Die jaarlikse groeikoers vir die waarde van salaris- en loon-oorbetalings het met 1,3% in reële terme verminder.

Shergeran Naidoo, hoof van belanghebbersbetrokkenheid by BankservAfrica, sê die rede vir die negatiewe groeikoers is nie seker nie, maar hang waarskynlik van twee faktore af.

Eerstens hou die gemiddelde salaris nie tred met die stygende inflasiekoers nie en tweedens is werkloosheid aan die toeneem.

Reëel gesproke is die gemiddelde salaris nou R13 918 ná aftrekkings. Dit is die laagste in vier maande.

Die nominale waarde van oorbetalings het wel met 3,7% teenoor laasjaar gestyg, verduidelik Naidoo, maar die effek van inflasie beteken dat die koopkrag van salaristrekkers minder is.

Mike Schüssler, hoofekonoom by Economists.co.za, wat die verslag opstel, sê daar was ook ’n deurlopende afname in die aantal geskatte mense wat deur middel van die Suid-Afrikaanse nasionale betalingstelsel betaal is. Gemeet oor ’n bewegende gemiddelde van drie maande het die aantal geskatte werknemers in ses uit die laaste sewe maande gedaal.

“Hoewel die indeks nie ontwerp is om die aantal werknemers te meet nie, is die feit dat ons steekproefmetodes steeds daal, in ooreenstemming met die verswakkende indiensnemingsyfers,” verduidelik Schüssler.

Afdankings van mense wat in die middelinkomstegroep val, het waarskynlik begin toeneem.

Dit blyk of daar wel afleggings geskied in die middelinkomstegroepe.
Mike Schüssler

Schüssler meen dat ondanks die klein nominale groeisyfers van individue se besteebare salarisse wat van R10 000 tot R25 000 en van R25 000 tot R50 000 verdien, is dié groeikoers niks teenoor die dubbelsyfergroeikoerse wat tot Mei 2018 geheers het nie.

“Dit blyk of daar wel afleggings geskied in die middelinkomstegroepe,” sê Schüssler.

Volgens Naidoo is daar wel goeie nuus vir pensioenarisse.

Uit die 689 000 pensioenbetalings in die BankservAfrica-stelsel het oorbetalings met 4,5% in reële terme gegroei.

Die gemiddelde oorbetaling is bykans R7 000 vir Oktober.

“Hoewel pensioentrekkers sowat die helfte van die inkomste ontvang as dié wat salarisse verdien, vernou die verskil voortdurend,” sê .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1249,2 (4808)
  • Top 40 44417,7 (-58760)
  • All Share 50434,39 (-60330)
  • Resource 10 38052,94 (5138)
  • Financial and Industrial 30 66778,91 (-120715)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.