Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
SA’ners moedeloos oor hul geldsake
Baie Suid-Afrikaners sukkel om hul geldsake behoorlik te bestuur.Foto: Pixabay

Asof politieke onsekerheid en kommer oor negatiewe makro-ekonomiese omstandighede nie genoeg is om Suid-Afrikaners moedeloos oor hul geldsake te maak nie, sukkel hulle boonop om dit behoorlik te bestuur.

Dit is die bevinding van Momentum en Unisa se jongste Welvaart-indeks.

“Die 2018-indeks wys ’n gebrek aan persoonlike bemagtiging is die spreekwoordelike doring in die vlees van die meeste Suid-Afrikaners,” sê Johann van Tonder, ekonoom van Momentum en een van die samestellers van die indeks.

“Dit is omdat huishoudings moedeloos is weens die omstandighede waarin hulle hul bevind, en ook nie kennis en feite tot hul beskikking het oor ’n aantal sake nie,” sê hy.

Persoonlike bemagtiging is een van vyf onderafdelings van die algehele indeks. Die punt vir dié afdeling het van 5,1 in 2017 tot 4,8 in 2018 gedaal.

“Hierdie beduidende daling kan toegeskryf word aan politieke onstabiliteit en negatiewe makro-ekonomiese gebeure wat buite die beheer van huishoudings is. Wanneer die tellings van huishoudings wat goed en swak vaar met mekaar vergelyk word, wys dit egter dat die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings nie eens die veranderlikes wat binne hul beheer is, goed bestuur nie,” skryf die navorsers.

Van Tonder werk saam met prof. Carel van Aardt van Unisa se Buro vir Marknavorsing, en prof. Bernadene de Clercq van Unisa se departement van belasting, om dié indeks saam te stel.

Geldsake

Gedragsverandering die sleutel

“Toegang tot kundige finansiële advies en die ontwikkeling van finansiële vaardighede sal huishoudings in staat stel om finansiële besluite te neem wat ’n positiewe uitwerking op omstandighede sal hê,” sê Van Tonder.

Daar was nie ’n groot verandering van 2017 tot 2018 ten opsigte van die indeks as geheel nie. In 2017 was die algehele telling 67,9 punt, teenoor 67,8 in 2018.

Enige punt laer as 60 beteken mense se geldsake is onstabiel. Tussen 60 en 79 gaan dit al beter, maar groot veranderinge kan hulle óf onstabiel óf stabiel maak. ’n Punt tussen 80 en 100 dui daarop dat dit finansieel goed gaan.

Nontokozo Madonsela, bemarkingshoof van Momentum, sê in ’n verklaring die navorsing wys dat selfs klein gedragsveranderinge ’n groot verskil aan huishoudings se welvaart kan maak.

“Gedragsverandering bly steeds die fundamentele veranderlike onder die 25% van Suid-Afrikaners wat as finansieel goed daaraan toe geklassifiseer kan word, en die 75% wat nié in dié groep val nie,” sê sy.

Die vyf veranderlikes wat gebruik word om die indeks saam te stel is:

  • Lewensomstandighede;
  • Die lede van die huishoudings se onderwysvlak;
  • Netto welvaart wat gemeet word deur die waarde van bates en laste te bereken;
  • Die huishouding se inkomstestaat waar gekyk word na inkomste en uitgawes; en
  • Die huishouding se persoonlike bemagtigingsvermoë wat bepaal word deur hul vermoë om beheer te neem van hul finansies en hul vertroue in instellings.

Dié punte word dan uit ’n totaal van 100 verwerk vir die algehele indeks.

Die enigste twee afdelings waarvan die punte gedaal het, was vir persoonlike bemagtiging en lewensomstandighede. By laasgenoemde het dit van 7,4 in 2017 tot 6,9 in 2018 gedaal. “Dit wys dat huishoudings sukkel om toegang tot die nodige hulpbronne te kry om hul lewensomstandighede te verbeter.”

Die telling in die ander afdelings het bykans onveranderd gebly (sien die meegaande grafika).

Meer oor:  Unisa  |  Momentum  |  Johann Van Tonder  |  Carel Van Aardt  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.