Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skep pap! Mieliemeel word goedkoper

Mieliemeel het tussen Mei en Junie goedkoper geword – die eerste teken dat die boonste draaipunt van dié stapelvoedsel bereik is.

Mieliemeel is besig om goedkoper te word. Foto: Argief

Dit kos egter steeds meer as R8 per kilogram oftewel 14%, meer as net tien maande gelede, in September 2020.

Kookolie kos nou meer as R20, oftewel 30% meer per bottel van 750 ml as tien maande vantevore.

Nóg pryse wat skerp gestyg het die afgelope tien maande is dié van tamaties (32%), margarien (16%), suikerbone (44%), beesvleis (14%) en wortels (13%).

Altesame kos dit nou gemiddeld R4 128,23 per maand om ’n arm gesin van sewe mense (grootouers ingesluit) met basiese, maar taamlik gebalanseerde en voedsame kos vol te hou. Dis R271,90 (7,1%) méér as tien maande gelede, hoewel dit R8,88 (-0,2%) minder is as in Mei.

As nét die kos ingesluit word wat arm vroue heel eerste koop, beloop dit R2 240,15, oftewel R174,44 (8,4%) meer as in September 2020 en R8,03 (0,4%). As die nood druk, koop gesinne eenvoudig nie rooivleis, suiwel, vrugte en groente nie, met die uitsondering van tamaties en uie.

Dié syfers kom uit die maandelikse indeks oor bekostigbaarheid wat die organisasie Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity (PMBEJD) sedert September 2020 landwyd in arm huishoudings saamstel.

k

Die kosprysinflasie wat die PMBEJD vir arm huishoudings weergee, is heelwat meer as die 6,7% wat Statistieke Suid-Afrika in Mei gemeet het.

Seisoenale vrugte en groente soos soetrissies (-10%), lemoene (-38%) en appels (-8%) is onder dié kossoorte waarvan die prys die meeste gedaal het.

Aartappels (1%) en uie (5%) is effens duurder, maar omdat dit in die wintermaande geoes word, is daar hoop dat pryse binnekort kan daal.

Mervyn Abrahams, programdirekteur van die PMBEJD, sê die styging in kospryse beteken al hoe minder gesinne eet voedsame, gebalanseerde maaltye – ’n kommerwekkende tendens omdat mense se immuunstelsel verswak word te midde van die derde vlaag Covid-19-infeksies.

“Die lang rye honger mense wat kospakkies nodig het wat ons in die eerste en tweede vlae gesien het, gaan waarskynlik weer gesien word omdat die staat alle inkomstehulp weggevat het, lone nie gestyg het nie, werkloosheidsvlakke onhoudbaar hoog bly, poste steeds verlore gaan en kospryse gestyg het.”

Hy sê op die heel minste behoort die hoër kindertoelae wat verlede jaar gegeld het en die spesiale Covid-toelae van R350 per maand heringestel te word.

Verskeie instellings het die afgelope paar dae gepleit dat die Covid-19-Ters, die Werkloosheidsversekeringsfonds se hulp aan mense wat weens inperkings tydelik afgelê is, heringestel word vir mense in die restaurant- en drankbedryf. Dit kom nadat die land Sondag op vlak 4 geplaas is.

Meer oor:  Kospryse  |  Inflasie  |  Hongersnood  |  Kosprysinflasie  |  Nasionale Minimum Loon  |  Toelaes  |  Pmbejd  |  Armoede  |  Minimum Loon  |  Honger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.