Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skoolgeld: Moet ek vooruit betaal?

Ouers moet dié tyd van die jaar besluit of hulle hul kinders se skoolgeld vooruit gaan betaal en of hulle liefs maandeliks wil opdok. Stealthy Wealth doen die sommer om te kyk wat die beste is.

alle skole bied die opsie dat ouers die hele jaar se skoolgeld vroeg in die jaar op een slag vooruit betaal, wat gewoonlik met ’n afslagwortel gepaardgaan.

Skoolgeld maak ’n wesenlike deel van ouers se maandelikse uitgawes uit en dit maak sin om te probeer vasstel hoe ’n mens hierop sou kon bespaar.

Talle skole bied die opsie dat ouers die hele jaar se skoolgeld vroeg in die jaar op een slag vooruit betaal, wat gewoonlik met ’n afslagwortel gepaardgaan.

Gestel die jaarlikse skoolfonds is R36 000. Jy kan 12 maande lank maandeliks R3 000 betaal of jy kan op een slag R36 000 – R1 800 (as die afslag 5% beloop) betaal.

Die afslag is egter net die moeite werd as jy die kontant het om die skoolfonds mee te betaal. Om byvoorbeeld ’n lening aan te gaan waar jy 12% rente betaal om 5% afslag te kry, maak glad nie sin nie. Dit is dus nie die moeite werd om die afslag te probeer kry deur skuld aan te gaan nie – behalwe natuurlik as die afslag meer as die rente sou beloop.

’n Selfs duurder plan sou wees om die skoolgeld met ’n kredietkaart te betaal, waar die rente meer as 20% kan beloop.

Maar as jy die kontant het – dalk weens ’n Desember-bonus? – is die vraag of jy gaan wen met die afslag of as jy eerder die kontant self belê in ’n spaarrekening, geldmarkfonds of jou huis se verband.

Só kan jy rente verdien (of bespaar op jou verband) terwyl jy liewer maandeliks jou skoolgeld betaal.

’n Sigblad (spreadsheet) is saamgestel wat kan help om dit te beantwoord.

Hiervoor moet jy die totale jaarlikse koste van die skoolgeld, die afslag vir eenmalige betalings en die rente op die spaarrekening waar die geld tans is, in berekening bring.

skoolgeld

Die eerste komponent is om die afslag te oorweeg: In die voorbeeld is die jaarlikse skoolgeld R36 000 en jy kan afslag van 10% (R3 600) kry deur dit eenmalig te betaal.

Dan moet jy die rente wat jy gaan verdien, in ag neem. Vir ’n geldmarkfondsrekening word 6% rente per jaar gebruik as voorbeeld.

In die eerste scenario betaal jy die eenmalige skoolfondsbedrag en los die afslag in ’n spaarrekening om rente te verdien.

Aan die einde van die jaar het daardie R3 600 in afslag gegroei tot R3 822 danksy die rente.

In die tweede scenario los jy eers ál die geld in die spaarrekening, verbeur die afslag, en betaal maandeliks jou skoolgeld van R3 000.

Aangesien die pot skoolgeld regdeur die jaar steeds rente verdien, is daar R1 028 in die rekening oor teen die laaste skoolfonds-paaiement.

In dié geval – met ’n afslag van 10% en rente van 6% – is dit dus beter om die afslag te neem.

Aangesien die pot skoolgeld regdeur die jaar steeds rente verdien, is daar R1 028 in die rekening oor teen die laaste skoolfonds-paaiement.

Daar is verskillende scenario’s in die sigblad ingevoeg, en in die meeste gevalle is dit die moeite werd om vooraf te betaal en die afslag te kry – solank die afslag 5% of meer is.

Daar is uitsonderings waar dit beter sou wees om maandeliks te betaal.

Ons neem weer ’n skool met skoolfonds van R36 000 per jaar, maar hulle bied net 4% afslag aan ouers wat dit eenmalig vooruit betaal. Kom ons neem aan dat die persoon die nodige geld in ’n huisverband beskikbaar het waar ’n rentekoers van 10% betaalbaar is. In hierdie scenario is dit duidelik dat dit beter sal wees om maandeliks te betaal.

Dit is dan nou die geldkant van die besluit, maar daar is ook persoonlike voorkeure ter sprake.

Sommige mense verkies om maandeliks hul skoolgeld te betaal, ongeag die syfers. Hulle is bekommerd dat sou hulle die skoolgeld op een slag betaal, hulle nie die selfdissipline sal hê om die bedrag wat hulle maandeliks sou betaal, te spaar en so weer die spaargeld op te bou nie.

’n Maandelikse betaling dwing hulle om verantwoordelik te wees en gewoond daaraan te bly om sonder die geld klaar te kom. ’n Mens kan dié probleem oorkom deur die skoolgeld vooruit te betaal en ’n aftrekorder te maak wat maandeliks outomaties die geld na ’n spaarrekening oorplaas. Dit verwyder die versoeking om dit uit te gee.

Sommige mense verkies weer om vooraf die geld te betaal om ook die geldsake vir die skool beter te maak of die administrasie van maandelikse betalings te vermy.

  • Die berig het aanvanklik op www.stealthywealth.co.za verskyn. Besoek die blog om self die sigblaaie te bekyk.

Meer oor:  Spaargeld  |  Rente  |  Opvoeding  |  Skoolgeld  |  Skool  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.