Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skoolklere: Só moet skole koste help beperk

Die Mededingingskommissie het Woensdag ’n beroep op skole gedoen om die riglyne vir uniforms te volg sodat skoolklere se koste nie handuit ruk nie.

Die amptelike ondersoek oor nie-mededingende gedrag met betrekking tot skoolklere is vroeg laasjaar afgehandel en het bevind dat talle skole eksklusiewe kontrakte met slegs enkele verskaffers gehandhaaf het.

Die riglyne is daarop gemik om nie-mededingende praktyke in onderrig teë te werk en is geskep om te verseker dat skole aan die Mededingingswet voldoen, asook om te verseker dat die prys van skoolklere billik is.

Die amptelike ondersoek oor nie-mededingende gedrag met betrekking tot skoolklere is vroeg laasjaar afgehandel en het bevind dat talle skole eksklusiewe kontrakte met slegs enkele verskaffers gehandhaaf het. Dié kontrakte het deur geen mededingende of deursigtige tenderproses gegaan nie. In die afwesigheid van behoorlike mededinging het dit skoolklere duurder gemaak as wat dit sou wees.

Die Mededingingskommissie het daarteen besluit om die betrokke skole te vervolg weens die kommissie se siening dat dit die aandag sou aflei van skole se hoofdoelwit: onderrig.

In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is, sê die kommissie dat hy met die opstel van die riglyne alle belanghebbendes betrek het, insluitend private skole, verskaffers, beheerliggame van staatskole en die regering.

Die riglyne is:

  • Skooldrag moet so generies as moontlik wees sodat dit vanaf die maksimum hoeveelheid verskaffers verkrygbaar is.
  • Uitsonderings moet beperk word tot slegs artikels wat die skole as noodsaaklik ag, soos kentekens, wat dan van vooraf geselekteerde verskaffers bekom kan word.
  • Skole moet ’n mededingende tenderproses verseker wanneer verskaffers aangestel word.
  • Skole moet meer as een verskaffer aanstel sodat ouers tot meer opsies toegang het.
  • Kontrakte mag net vir ’n spesifieke tydsduur geld voordat ’n nuwe tenderproses gedoen moet word.

Die kommissie het ’n memorandum van verstandhouding met Fedsas, ’n federasie van skoolbeheerliggame, onderteken wat daarop gemik is om skole op te lei en aan te moedig om aan die riglyne te voldoen.

Luidens die kommissie se verklaring was die samewerking en reaksie van hul interaksie met private skole – van onder meer die firmas Curro, Advtech en Reddam House – “fenomenaal”.

Die kommissie het dus saam met dié skole die Mededingingstribunaal genader om die riglyne te bekragtig. Die saak sal op 6 Februarie deur die tribunaal aangehoor word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1997,51 (1144)
  • Top 40 51565,16 (-39287)
  • All Share 57636 (-41671)
  • Resource 10 46379,94 (-9014)
  • Financial and Industrial 30 77165,34 (-80113)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.