Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skuld: 40% van verbruikers kan nie terugbetaal

Die oplewing in ongesekureerde lenings in Suid-Afrika het veroorsaak dat bykans 40% van mense wat geld geleen het, dit nié kan terugbetaal nie.

Miljoene Suid-Afrikaners kan nie bekostig om hul skuld te betaal nie. Foto: Pixabay

Dit is luidens ’n verslag wat deur die fondsbestuurder Differential Capital opgestel is.

Sowat 7,8 miljoen van die land se 60 miljoen inwoners het saam sowat R225 miljard sonder kollateraal soos ’n motor of huis geleen.

Die geld wat geleen is, word meestal gebruik om meubels mee te koop of om na familie om te sien.

Suid-Afrika het in 2007 die reëls wat betref ongesekureerde lenings verslap in ’n poging om finansiële insluiting in een van die wêreld se mees ongelyke nasies te bevorder.

Die sektor sukkel egter om sy beeld te poets en word toenemend gekritiseer. Dit is ondanks die regulasie daarvan wat verbeter het.

Dit is ’n sektor waar... finansiële ongeletterdheid en ’n vraag na krediet uitgebuit word.

Differential Capital sê in plaas daarvan dat die sektor mense help, vuur dit nou ’n oplewing aan in verbruikersgedrewe skuld wat juis aangegaan word deur mense wat dit nie kan bekostig nie.

“Dit is ’n sektor waar geldleners meeding om die grootste lenings en nie om waarde vir kliënte nie, en waar finansiële ongeletterdheid en ’n vraag na krediet uitgebuit word,” lui die verslag.

“Roekelose uitleen is byna sistemies in die bedryf.”

Buitensporige tariewe

Selfs met dié dat baie mense wat geld leen dit nie kan terugbetaal nie, bly die sektor winsgewend deur “buitensporige tariewe” te vra en lenings wat nie betaal is nie, te herskeduleer, sê die verslag.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Augustus die Wysigingswet op die Nasionale Kredietwet bekragtig. Dié wet maak voorsiening vir die “uitwissing van skuld na willekeur”.

Die wet bepaal dat werkloses en mense wat die voorafgaande ses maande minder as R7 500 per maand verdien het, mag aansoek doen vir die afskryf van korttermynskuld wat R50 000 of minder beloop.

Roekelose uitleen is byna sistemies in die bedryf.

Rente wat op ongesekureerde lenings gehef word, nadat alle koste ingesluit is, wissel op ’n jaarbasis tussen 225% vir ’n lening van net oor een maand strek tot 34% vir lenings wat oor vyf jaar strek.

Luidens die verslag betaal twee derdes van die kliënte meer as ’n kwart van hul netto inkomste nét om hul skuld te betaal.

Grootste geldleners

Capitec Bank is die grootste geldlener in die formele banksektor wanneer dit by ongesekureerde lenings kom. Die land se ander vier groot banke – Standard Bank, Nedbank, Absa en FNB – leen ook geld uit sonder kollateraal, maar is luidens die verslag strenger wat betref goedkeuring van dié tipe lening.

Die Reserwebank, wat toesig hou oor banke, wou nie kommentaar lewer nie.

“Die sektor het die afgelope paar jaar geweldig as gevolg van die regulasies verander,” sê Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec.

“Die groot rolspelers, soos ons, het uit die laer sektor beweeg. Mikrofinansiers bedien nou dié mark. Die grootste deel van die mark voldoen aan die regulasies,” sê hy.

Fourie sê hoewel daar steeds baie lenings is wat nie betaal word nie, het dié getal gedaal.

Capitec fokus meer op langtermynskuld. Tussen 60% en 70% van geld wat hy uitleen, word gebruik om onderrig en/of motors te betaal, óf vir ondernemings aangewend, sê hy.

Mynwerkers

Dit is veral Suid-Afrika se mynbousektor wat weens ongesekureerde lenings swaar lewe.

Twee derdes van die land se sowat 450 000 mynwerkers het ongesekureerde lenings en spandeer gemiddeld 48% van hul lone om skuld te betaal, sê Differential.

Die massiewe skuld wat sommige mynwerkers moet betaal, word as een van die onderliggende redes vir die opstande in 2012 by Lonmin se Marikana-myn in Noordwes gegee. Altesaam 34 mynwerkers is toe dood.

In 2014 het African Bank Investments Limited (Abil) – moedermaatskappy van African Bank, toe dié bank met die meeste ongesekureerde lenings – bankrot gespeel.

In 2019 is Net 1 UEPS Technologies onder sensuur geplaas omdat hy toegelaat het dat terugbetalings vir skuld direk van welsynstoelae afgetrek word.

“In Suid-Afrika het finansiële insluiting deur middel van mikrokrediet daartoe gelei dat mense in finansiële slawerny vasgevang word,” sê Differential.

“Duur lenings wat vir verbruiksartikels gebruik word, dra rykdom oor van die lener na die uitlener en in Suid-Afrika se geval van die armes na die rykes.” – Bloomberg

Meer oor:  Differential Capital  |  Kleinhandelalars  |  Lenings  |  Nasionale Kredietreguleerder  |  Krediet  |  Skuld  |  Banke  |  Nkr  |  Kredietwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2185,94 (918)
  • Top 40 50077,78 (-5644)
  • All Share 56123,83 (-9658)
  • Resource 10 43758,63 (-5410)
  • Financial and Industrial 30 76079,11 (-10135)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.