Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skuldvakansies dompel mense met R20 mjd. dieper in die rooi

Om terugbetalings uit te stel gaan ten minste R20,7 miljard tot Suid-Afrikaners se skuld bydra, volgens DebtBusters, ’n skuldberadingsfirma.

Benay Sager, bedryfshoof van DebtBusters. Foto: Verskaf

Volgens Benay Sager, bedryfshoof, gaan die kredietvakansie wat van April tot Junie aan baie verbruikers aangebied is, die skuldlas van 1,6 miljoen kliënte wat daaraan deelgeneem het, met R20,7 miljard verhoog.

Dit is volgens DebtBusters se berekeninge.

Sager sê terwyl kredietvakansies goeie nuus was vir mense wat ’n korttermyn-krisis met hul kontantvloei beleef het, kom dit teen ’n koste. Dit is omdat die rente op die skuld wat aangegaan is, steeds toeneem, selfs al is betalings vir ’n rukkie teruggehou.

“Ons begryp dat die kredietvakansie ’n ware uitkoms was vir baie kliënte wat tydens die eerste deel van die inperking desperaat was om kop bo water te hou en dat die bykomende rente ’n onbelangrike oorweging was.

“Maar vir die gemiddelde kredietvakansie van drie maande sal hul skuld met 4,2% toegeneem het. Dit kom neer op R12 900 meer as die oorspronklike skuld van die tipiese verbruiker wat aan die kredietvakansie van drie maande deelgeneem het.”

DebtBusters se ontleding is gegrond op die inligting van die tipiese verbruiker wat die afgelope jaar by hulle om raad aangeklop het. Die ontleding van hoe die kredietvakansie die kliënte se skuldlas geraak het, het ingesluit:

  • Vir diegene wat betalings op hul huisverbande uitgestel het, het die skuld op hul verband met gemiddeld R14 300 gestyg.
  • ’n Kredietvakansie van drie maande op ’n motorlening kom teen ’n bykomende koste van R6 000.
  • Dieselfde onderbreking op die betaling van ’n persoonlike lening kos R9 800.
  • Mense wat ’n kredietvakansie op al drie soorte skuld gehad het, sal gemiddeld ’n bykomende R30 100 moet betaal op die skuld wat hulle reeds het.

“In ’n land soos Suid-Afrika waar daar reeds soveel skuld is, veral wanneer die ekonomie krimp, is dit genoeg om mense wat kwalik kop bo water kon hou, se skuld-tot-inkomste-verhouding onvolhoubaar te maak,” sê Sager.

Hy maan mense wat besef hulle sukkel om hul terugbetalings te doen weens die verhoogde skuldvlakke of hul beperkte inkomste, om vroeër eerder as later om hulp aan te klop.

“Hoewel sommige mense skepties oor skuldadvies is, is dit eenvoudig so dat dit in Suid-Afrika hoogs gereguleerd en, in die algemeen, baie effektief is. Deur hulp van ’n erkende skuldberader te kry sodra jy besef dat jy ’n probleem het, kan jy ’n situasie vermy waar jy dalk alles kan verloor waarvoor jy gewerk het.”

Meer oor:  Debtbusters  |  Krediet  |  Koronavirus  |  Skuld  |  Banke  |  Huisverband  |  Skuldberading  |  Bankbedryf  |  Inperking  |  Betaalvakansie  |  Covid-19  |  Lenings  |  Staat Van Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.