Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skuldwet: Verbruikers moet versigtig wees

Moenie wild en wakker skuld maak in die hoop dat dit afgeskryf gaan word nie.

Dit kan tot 24 maande duur voordat die regulasies gefinaliseer is sodat die nuwe kredietwet toegepas kan word. Foto: iStock

Só waarsku die skuldberadingsfirma DebtBusters nadat die Wysigingswet op die Nasionale Kredietwet verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is.

Dié wet stel verbruikers in staat om, onder bepaalde voorwaardes, by die Nasionale Kredietreguleerder aansoek te doen vir die afskrywing van hul skuld.

Benay Sager, DebtBusters se bedryfshoof, sê daar is nog baie onbeantwoorde vrae oor hoe die wet in die praktyk sal werk.

“Dit kan heelwat tyd neem, dalk tot 24 maande, voordat die regulasies gefinaliseer is sodat die wet toegepas kan word.

“As jy in die tussentyd meer skuld aangaan as wat jy kan bekostig om terug te betaal, kan dit ’n langtermynimpak op jou kredietstatus hê.”

Die wet is net van toepassing op mense wat in die ses maande voor hul aansoek om die afskrywing van hul skuld minder as R7 500 per maand verdien het, en ook as die skuld ongesekureerder krediet van minder as R50 000 is. Ongesekureerde krediet is persoonlike lenings of winkelrekenings waar daar nie ’n bate soos meubels, ’n huis of ’n motor as kollateraal is nie.

Die afskrywing van die skuld gebeur ook nie outomaties nie – ’n lang proses moet eers gevolg word.

Die wet bepaal dat die NKR ná ’n verbruiker se aansoek om hulp skuldterugbetalings ’n jaar lank kan bevries. Daarna word die verbruiker se situasie weer bekyk en kan terugbetalings met nog ’n jaar bevries word.

Eers ná twee jaar kan skuld, deels of ten volle, afgeskryf word.

Sager sê hul ervaring is dat mense regtig hulp nodig het om te verseker dat hulle nie net ná ’n skuldberadingsproses weer in skuld verval nie.

Meer oor:  Debtbusters  |  Krediet  |  Skuld  |  Nkr  |  Kredietwet  |  Lenings  |  Nasionale Kredietreguleerder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.