Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Smart Shoppers moenie dié fout maak nie

R200 miljoen se afslag gaan verval as lede van Pick n Pay se lojaliteitsprogram nie gou spring nie.

pick n pay, clicks
Lojaliteitskaarte help jou wel geld spaar, maar die versoeking is groot om méér te bestee omdat jy weet jy kry iets goedkoper.

Dís die waarde van punte wat Pick n Pay-klante die afgelope 12 maande verdien het en wat hulle kan verloor.

Punte wat op die Smart Shopper-lojaliteitskaart verdien word, verval ’n jaar nadat dit verdien is.

In ’n verklaring doen Pick n Pay ’n beroep op mense om hul punte te kom gebruik voordat dit verval.

Die afgelope jare het die 8,5 miljoen Smart Shopper-lede meer as R3,5 miljard se besparings met hul kaart verdien. Dit sluit in verpersoonlikte afslag, kitsafslag, punte en ander besparings.

Dis maklik om die balans op jou kaart na te gaan op Pick n Pay se webwerf of app of bloot deur by die kasregister te vra hoeveel punte in kontant omgeskakel kan word.

Andrew Mills, bemarkingshoof van Pick n Pay, sê Smart Shopper-kaarte word nou met 75% van verkope gebruik, teenoor 65% verlede jaar.

Lojaliteitspunte wat verval, het menige mens wat nie die fynskrif van programme gelees het nie, al die harnas in gejaag. Clicks se ClubCard-punte, wat elke twee maande in kontant omgeskakel kan word, verval ook ’n jaar nadat dit verdien is.

Sover vasgestel kan word, verval Dis-Chem-lojaliteitspunte nie. Shoprite en Checkers se Xtra Savings-kaart bou nie punte op nie – afslag word onmiddellik by die kasregister afgetrek.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Lojaliteitsprogram  |  Smart Shopper  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.