Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Só lieg Suid-Afrikaners vir versekeraars
Bedrog om begrafnispolisse onregmatig te laat uitbetaal, is steeds aan die orde van die dag in Suid-Afrika.Foto: Unsplash

Die versekeraar Old Mutual moes onlangs behoorlik bontstaan om ’n begrafnispolis uit te betaal nadat ’n familie ’n lyk by een van sy kantore as “bewys van afsterwe” ingedien het.

Die familie het gekla dat hulle geen ander keuse gehad het om die versekeraar te oortuig om die polis uit te betaal nie.

As na die jongste statistieke van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa) gekyk word, is dit dalk egter te verstane dat versekeraars versigtig is voordat hulle voor die voet eise – veral vir begrafnispolisse – goedkeur.

Luidens dié statistieke wat Maandag uitgereik is, het versekeraars in 2018 ’n enorme 3 708 vals en oneerlike eise van R1,06 miljard voorkom.

Dit is teenoor die 5 026 vals en oneerlike eise van R1,13 miljard in 2017.

Volgens Donovan Herman, sameroeper van Asisa se staande komitee oor eise, was begrafnisversekering juis die teiken van die meeste bedrieglike aktiwiteite in 2018. Verslae van lewensversekeraars se forensiese afdelings toon dat die koop en huur van lyke om ’n vals doodsertifikaat in die hande te kry ’n gewilde werkwyse is.

Luidens Asisa het lewensversekeraars in 2018 altesaam 1 915 begrafniseise van R176,4 miljoen geweier, met 1 127 gevalle waarby vals dokumentasie betrokke was.

versekering

LEES OOK: Lyk by Old Mutual: Familie kry glo blitsig polisgeld

By nóg 156 vals eise is bevind dat sindikate betrokke is en in sewe gevalle dat begunstigdes vir die polishouer se dood verantwoordelik is.

Herman sê mense wat ’n begrafnispolis wil uitneem, hoef nie bloedtoetse te laat doen of vir ’n mediese ondersoek te gaan nie en die polis is ontwerp om onmiddellik en sonder beslommernis uit te betaal wanneer ’n versekerde familielid sterf.

“Ongelukkig laat dit die deur oop vir misdadigers en bedrieërs om begrafnisdekking uit te neem op mense wat nie bestaan nie, met die voorneme om later ’n eis in te dien met ’n doodsertifikaat wat uitgereik is vir ’n afgestorwene wat gehuur of gekoop is met die doel om bedrog te pleeg.”

Suid-Afrikaners lieg nie nét oor begrafnispolisse nie, maar ook oor ander. Dit sluit in:

Doodseise

In 2018 het langtermynversekeraars 698 onreëlmatige doodseise vir R417,3 miljoen verwerp. By 481 hiervan is bedrog blootgelê terwyl sindikaatbedrog by sewe gevalle en oneerlikheid deur finansiële adviseurs by nog 15 gevalle betrokke was. ’n Verdere 195 eise is as gevolg van wanvoorstelling en/of wesenlike nie-openbaarmaking verwerp.

Polisaansoekers word wetlik verplig om alle inligting eerlik te openbaar wat moontlik die versekeraar se oordeel kan beïnvloed wanneer hy oor toepaslike polisbepalings en -premies moet besluit.

Ongeskiktheidseise

Wanvoorstelling en wesenlike nie-openbaarmaking deur polishouers was verreweg die vernaamste rede waarom ongeskiktheidseise in 2018 verwerp is, sê Asisa.

Van die 530 eise wat nie uitbetaal is nie, was 463 op grond van wanvoorstellings of wesenlike nie-openbaarmaking verwerp, teenoor die 775 eise vir R516,5 miljoen wat in 2017 verwerp is.

Herman sê sommige polishouers openbaar nie bestaande gesondheidstoestande nie om die premie laag te hou.

“Dit is uiters kortsigtig aangesien daar ’n goeie kans is dat die lewensversekeraar doelbewuste pogings om belangrike inligting te weerhou sal blootlê, en die eis gevolglik verwerp sal word.”

Hospitaalkontantplaneise

Vals en oneerlike eise teen hospitaalkontantplanne het in 2018 verder afgeneem.

Luidens Asisa is altesaam 519 eise ter waarde van R3,2 miljoen in 2018 afgewys vergeleke met 2017 toe 989 eise vir R6,1 miljoen afgewys is.

Herman sê hospitaalkontantplanne is produkte wat maklik is om te verstaan wat ontwerp is om verbruikers met onverwagte uitgawes weens ’n hospitaalopname te help. Maar juis omdat die produkte so eenvoudig is, vergemaklik dit misbruik soos in die geval met begrafnisversekeringsprodukte.

Oneerlikste provinsies

Herman sê 35% van alle vals en oneerlike eise is in KwaZulu-Natal blootgelê, gevolg deur die Oos-Kaap met 18% en Gauteng met 17%.

Die Wes-Kaap was verantwoordelik vir 9% van die eise wat weens bedrog en oneerlikheid geweier is. Die ander provinsies was elk vir 5% of minder van die gevalle verantwoordelik.


Meer oor:  Old Mutual  |  Bedrog  |  Versekering  |  Eise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.