Suid-Afrika kry in 2021 ’n nuwe R5-muntstuk om die Reserwebank se eeufees te vier.

Die nuwe R5-muntstuk wat van 1 Januarie 2021 geldige valuta sal wees. Foto: Staatskoerant
Twee nuwe muntstukke sal eersdaags beskikbaar word: Een is ’n geldige betaalmiddel en die ander ’n spesiale herdenkingsmunt wat van silwer en goud gemaak is vir versamelaars.
Die nuwe R5 sal ses ouer muntstukke uitbeeld as deel van die herdenking van die 100 jaar sedert die Reserwebank in 1921 by kleinhandelbanke oorgeneem het om geldige valuta aan die land te verskaf.
Van die munte wat uitgebeeld word, sluit in die ou 1c-, ou 20c- en ou R1-munte, asook die R5-muntstuk met oudpres. Nelson Mandela se gesig daarop.

Die versamelaarsweergawe van goud en silwer van die nuwe R5-muntstuk. Foto: Staatskoerant
Die standaardmuntstuk bevat die woorde “uMzantsi Afrika” en “Suid-Afrika”, terwyl die versamelaarsweergawe tien tale sal bevat.
Tito Mboweni, minister van finansies, het Vrydag toestemming in die Staatskoerant gepubliseer waarvolgens die nuwe muntstukke van 1 Januarie af ’n geldige betaalmiddel is.
Die nuwe R5 muntstuk sal ’n deursnee van 26 mm hê en 9,5 g weeg, terwyl die versamelaarsweergawe heelwat groter sal wees met ’n deursnee van 38,725 mm en ’n gewig van 33 g.