Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Só lyk verbruikers se berg skuld
Suid-Afrikaners het R1,77 miljard in agterstallige kredietkaartskuld. Foto: iStock

Suid-Afrikaners het tussen Mei en Julie vanjaar R13,45 miljard se lenings vir die eerste keer wanbetaal.

Die kredietburo Experian het pas ’n indeks vir wanbetalings bekend gestel. Dit is die eerste indeks wat tendense in wanbetalings deur verbruikers aandui.

Experian het 14,7 miljoen Suid-Afrikaners wat altesame 18,4 miljoen rekeninge het, se inligting gebruik.

Die data van huis-, voertuig- en persoonlike lenings, sowel as kredietkaarte, is gebruik.

Sodra ’n verbruiker vir die eerste keer 90 dae agterstallig is met ’n betaling, word dit as wanbetaling geregistreer, sê David Coleman, wat vir dataverwerking by Experian verantwoordelik is.

Suid-Afrikaners het teen Julie 2017 sowat R1 540 miljard geskuld. Met R13,45 miljard wat van Mei tot Julie vir die eerste keer 90 dae uitstaande was, kom dit neer op 3,57% nuwe wanbetalings in dié tydperk.

Dit is ’n verbetering op ’n jaar tevore toe daar 3,81% nuwe wanbetalings in die ooreenstemmende tydperk was.

Onder die verskillende tipes krediet, was wanbetalings soos volg (die persentasie nuwe wanbetalings vir die tydperk is in hakies):

  • Huislenings: R3,66 miljard (1,84%)
  • Voertuiglenings: R2,88 miljard (3,13%)
  • Kredietkaarte: R1,77 miljard (6,91%)
  • Persoonlike lenings: R5,12 miljard (8,54%)
  • Die provinsiale wanbetalingskoers vir Mei tot Julie 2017 lyk soos volg:
  • Wes-Kaap: 2,59%
  • Gauteng: 3,35%
  • Oos-Kaap: 3,81%
  • KwaZulu-Natal: 3,9%
  • Vrystaat: 3,95%
  • Noord-Kaap: 3,99%
  • Noordwes: 4,37%
  • Mpumalanga: 4,39%
  • Limpopo: 4,44%

Coleman sê net formele kredietverskaffers se inligting is vir die indeks gebruik.

Meer oor:  Krediet  |  Skuld  |  Verbruikers  |  Huishoudelike Besteding  |  Huisverband  |  Kredietburo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.