Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Só raap en skraap huishoudings vir inkomste

Die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings raap en skraap uit verskillende bronne van inkomste. Salarisse of lone, staatstoelaes, hul eie ondernemings en geld wat familielede aanstuur, lewer alles ’n groot bydrae om gesinne deur die maand te kry.

Al hoe minder huishoudings verdien geld uit hul eie onderneming.

Die afgelope jaar – te midde van ’n ekonomie wat tot stilstand gekners het en werkloosheid wat opgeskiet het – het effens minder huishoudings ’n inkomste uit ’n salaris of uit hul eie onderneming verdien.

Daarteenoor het die persentasie huishoudings wat minstens een toelae ontvang, gestyg.

Nietemin bly salarisse of lone die belangrikste bron van inkomste vir die meeste (58,6%) Suid-Afrikaanse huishoudings nasionaal en ook in elkeen van die nege provinsies.

Altesame 64,5% van huishoudings tel wel ’n salaris of lone onder een van hul bronne van inkomste. Dis effens laer as in 2017, toe dit 65,4% was.

Dié syfers kom uit die algemene huishoudelike peiling vir 2018 wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag uitgereik het.

Die Wes-Kaap en Gauteng is die enigste twee provinsies in die land waarin meer as twee derdes van huishoudings sê hul belangrikste bron van inkomste is salarisse. In die Wes-Kaap beskou 72,9% van huishoudings salarisse, lone of kommissie as hul hoofbron van inkomste en in Gauteng 70,5%.

inkomste

Toelaes

45,2% van huishoudings het een of meer staatstoelae ontvang.

Selfs in die provinsie waarin die laagste persentasie huishoudings ’n toelae inkry, Gauteng, kry byna ’n derde van huishoudings (30,9%) minstens een toelae. In die Wes-Kaap is dit 37,9%.

Dit skiet egter op tot 57,9% van huishoudings wat ’n toelae inkry in Limpopo en 59,9% in die Oos-Kaap.

Nasionaal beskou 19,9% van huishoudings toelaes as hul heel belangrikste bron van inkomste.

In die armer provinsies is staatstoelaes egter die belangrikste bron van inkomste vir omtrent ’n derde van huishoudings.

Gegewe dat staatstoelaes wissel van so min as R425 per maand (vir ’n kindertoelae) tot ’n maksimum van R1 800 per maand (vir mense van 75 op ’n ouderdomstoelae) is dit ’n kommerwekkende aanduiding van armoede in die land.

Wat individue betref, ontvang 31% van Suid-Afrikaners ’n toelae, met die laagste persentasie die 19,2% in Gauteng en die hoogste die 41,9% in die Oos-Kaap.

welsyn

Ander bronne

Geldoordragte – dus geld wat gestuur word van ’n familielid wat elders werk – is ’n baie belangrike bron van inkomste vir veral Limpopo (24,2%), die Oos-Kaap (22,8%), Noordwes (21,4%) en Mpumalanga (20,2%). Landwyd ontvang 16,6% van huishoudings ’n geldoordrag, maar net 9,4% beskou dit as hul heel belangrikste bron van inkomste.

Die persentasie huishoudings wat ’n inkomste uit ’n onderneming verdien, het gedaal tot 13,6%, teenoor 14,3% in 2017.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2381,58 (472)
  • Top 40 48158,37 (4141)
  • All Share 53874,52 (3359)
  • Resource 10 42374,38 (-13158)
  • Financial and Industrial 30 72821,17 (16551)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.