Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Só skep verbruikers moed vir Januarie
Sophy Aphane (37) se man meen sy kan meer geld bespaar aan kruideniers as sy haar by ’n stokvel aansluit. Foto: Isabel Venter

Dis nou maar wors, Januarie bring ’n berg uitgawes en dis ook verreweg die langste maand van die jaar (dis in elk geval hoe dit voel).

Daarom dat miljoene Suid-Afrikaners van stokvels gebruik maak om hul Januarielas ligter te maak.

Baie van hulle spaar elke maand in ’n stokvel, waaruit hulle dan grootmaat-aankope doen, wat heelwat goedkoper uitwerk.

Kit Kat Cash N Carry in Pretoria is een sodanige grootmaathandelaar, en hy vier vandeesmaand sy 27ste verjaarsdag.

Al Patience Matidza (41) van Pretoria-Wes se kinders is nog op skool en dit kos haar ’n “klein fortuin” om hulle elke jaar skoolgereed te kry.

“Dit is nou buiten vir die feit dat hulle ’n mens elke skoolvakansie uit die huis uit eet,” sê Matidza.

Daarom koop sy elke tweede tot derde maand haar nie-bederfbare kruideniersware in grootmaat. Sy maak seker dat sy teen November genoeg opgaar sodat sy in Januarie die geld wat sy bespaar, kan gebruik vir skooluitgawes.

Sy bespaar byvoorbeeld aan wasgoedseep, toiletpapier en skoonmaakmiddels. Alles word toegesluit en spaarsamig gebruik sodat dit langer hou, sê Matidza.

Sy self het nog nie by ’n stokvel aangesluit nie, maar oorweeg dit wel.

Mary Mukhonwa (43) van Atteridgeville en ses vriendinne is lid van Kit Kat Cash N Carry se kruidenierstokvel. Elkeen betaal R120 per maand deur die jaar, en in Desember doen hulle al hul Kersinkopies teen ’n winskoop.

Mary Mukhonwa (43) is al jare lank lid van ’n stokvel, wat haar help om haar familie te bederf met winskopies oor Desember. Foto: Isabel Venter

“Ek spaar baie geld so en omdat ek lid van dié stokvel is, kry ek nog ekstra afslag op my kruideniersware. Dit is ’n baie goeie manier om te bespaar aan kos, wat elke dag duurder word,” sê Mukhonwa.

Sophy Aphane (37), ook van Pretoria, glo om in grootmaat te koop is die enigste manier om geld te bespaar. Haar man meen egter sy kan meer doen, en moedig haar aan om by ’n stokvel aan te sluit.

Volgens haar is die groot uitdaging om te sorg dat jou inkopies langer as ’n maand hou. “Ek preek gereeld vir my huismense om nie te mors nie,” sê Aphane.

Volgens Ahmed Gani, Kit Kat Cash N Carry se uitvoerende hoof, is dit ’n wen-wen-situasie vir die maatskappy en stokvel-verbruikers wat probeer oorleef in taai ekonomiese tye.

Die Nasionale Stokvelvereniging raam op sy webblad dat stokvel-groepe in die land R49 miljard werd is. Dit staan bekend as die “geheime ekonomie” wat aan meer as 11,5 miljoen verbruikers ekonomiese gemoedsrus gee.

Meer oor:  Skuld  |  Stokvel  |  Januarie  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.