Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Só vergelyk klasgeld, banke se studielenings

Die feesballonne oor die matriekuitslae is skaars pap of jy moet vir vanjaar se klasgeld begin somme maak.

Sedert die #FeesMustFall-beweging in 2016 het klasgelde in die algemeen nie met meer as 8% per jaar gestyg nie, maar die totale koste vir 'n jaar se studie is steeds baie hoër as wat die meeste mense kan bekostig sonder hulp. Foto: Verskaf

Dié jaar is daar ’n rekordaantal matrikulante wat verder mag studeer nadat 33,6% (172 043) van 2018 se matrieks met B-graadvrystelling geslaag het. Suid-Afrika se groot universiteite het tesame plek vir minder as 40 000 eerstejaars.

Sedert die #FeesMustFall-beweging in 2016 het klasgelde in die algemeen nie met meer as 8% per jaar gestyg nie.

Netwerk24 het die nuutste beskikbare syfers vir 2019 se klasgeld vir eerstejaars in verskillende graadrigtings saamgestel.

Dié beramings bestaan slegs uit die kursusgeld en sluit nie bykomende kostes (soos vir fotostate, boeke en so meer) in nie.

Waar ’n instansie nie ’n BIng-graad aangebied het nie, is ’n BSc(Ing) as plaasvervanger gebruik. Aangesien studente in hul eerste studiejaar toegelaat word om dit te verpersoonlik met verskeie nie-verpligte modulekeuses is die beramings net maatstawwe vir algemene vakkeuses in die onderskeie studierigtings.

eerstejaar,universiteit,studeer,klasgeld,grade,kur

Maar om vir die kursus te betaal is net ’n gedeelte van die koste waarvoor begroot moet word.

In die Wes-Kaap verskaf sowel die Universiteit van Kaapstad as die Universiteit Stellenbosch ’n beraming van die totale uitgawes wat ’n student ook sal moet dek om hul studies vir die jaar te voltooi.

Maties meen dat die noodsaaklike boeke, fotokopiëring, drukdienste, internettoegang en parkeergeld om doeltreffend te kan studeer, ongeveer R11 100 per jaar vir ’n student sal beloop.

Studente wat in ’n universiteitskoshuis bly, kan verwag om R63 600 vir die jaar se verblyf, kos en wasgoeddienste te betaal, maar private verblyf sal aansienlik meer as dít beloop.

Vir ’n student met ’n kar wat ’n BA-graad in die geesteswetenskappe aanpak en in die koshuis ’n dubbelkamer deel, sal die minimum koste vir die jaar, sonder sakgeld, R116 710 wees.

Vir ’n student met ’n kar wat ’n BA-graad in die geesteswetenskappe aanpak en in die koshuis ’n dubbelkamer deel, sal die minimum koste vir die jaar, sonder sakgeld, R116 710 wees.

By Ikeys beloop dieselfde soort koshuisverblyf gemiddeld R5 000 meer. Die totale jaar se koste vir dieselfde graad en dienste sal daar ’n minimum van R136 020 beloop.

Universiteite bied verskeie metodes om te betaal aan.

Registrasie- en ’n minimum bedrag klasgeld moet vroeg in die jaar opgedok word. Daarna het studente die opsie om studiegeld in paaiemente af te betaal, maar dan word afslag vir vroeë betaling verbeur.

Afslag van 2,5% tot 10% word landwyd by universiteite aangebied as alle gelde op een slag en betyds betaal word, wat veral met duurder grade in die ingenieurswese of wetenskappe ’n groot verskil aan die koste van ’n jaar se studies kan maak.

Studielenings: Wat jy moet weet

Vir baie studente is ’n studentelening die enigste manier waarop hulle dié soort aanbieding kan benut.

Suid-Afrika se vier groot banke bied soortgelyke studenteleningspakkette aan, maar elkeen het ’n aspek wat dit meer mededingend vir ’n spesifieke soort graad, ekonomiese konteks of student maak.

Vir die mees mededingende rentekoers blyk Absa die wenner te wees met sy waarborg dat hy enige rentekoers sal verbeter indien jy vir een van sy studentelenings kwalifiseer.

Vir duur grade in gevorderde studievelde is Standard Bank se grenslose leningsbedrag vir klasgelde dalk die beste opsie as jy nie te veel nodig het vir verblyf of toerusting – wat hy wel beperk – nie.

FNB se kriteria vir watter tersiêre instansies hulle sal dek, is meer laks as ander. Hy sal enige soort kollege oorweeg solank dit “doeltreffende onderrig” aanbied. Dié bank laat ook toe dat leners ’n grenslose grasieperiode ná hul studies kan geniet voordat hulle die kapitaalbedrag van hul skuld moet begin afbetaal. Dit is mits die rente aanhou betaal word.

Nedbank se groot algehele leningskapasiteit gaan gepaard met ’n standaard grasieperiode van ses maande wat verleng kan word, maak dié bank het ’n veelsydige opsie vir dinamiese behoeftes.

eerstejaar,universiteit,studeer,klasgeld,grade,kur

Volgens die Universiteit van Pretoria sal ’n LLB-graad met 2019 se nuutste kosteberamings ongeveer R182 000 kos om binne vier jaar te voltooi. As dié klasgelde boonop addisionele kostes van R11 100 per jaar asook koshuisverblyf van ’n gemiddelde R63 600 op jaargrondslag bygevoeg word, sal die vier jaar altesaam R480 800 beloop.

Om dié bedrag op skuld te handhaaf, sonder om sakgeld en toerusting by te voeg, is ’n groot las op gegradueerdes wat hul eerste werk begin en moet dit dus fyn met die verdienstevermoëns van enige student en hul toekomstige kwalifikasies vergelyk word.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Standard Bank  |  Studiegeld  |  Studente  |  Tersiêre Onderrig  |  Klasgeld  |  Studies  |  Krediet  |  Skuld  |  Lenings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2108,36 (4736)
  • Top 40 52107,18 (37382)
  • All Share 58248,73 (37621)
  • Resource 10 46948,1 (58001)
  • Financial and Industrial 30 77928,13 (37579)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.