Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 13 uit 31

Julie is Spaarmaand. Wat kan jy doen om jou petrolrekening te verlaag? Jou loodvoet op die petrolpedaal is die grootste rede vir jou hoë brandstofrekening.

  

‘If you have to brake, you’ve made a mistake’

  

Vervoer – vir baie van ons ’n motorpaaiement en petrol – vreet gemiddeld nagenoeg ’n kwart van ons huishoudelike begroting op.

Daar is tientalle wenke om brandstofverbruik te verminder.

LEES OOK: 23 wenke om geld te spaar met petrol, vervoer

Die slegte nuus is dat nie een van hulle skielik van jou ’n miljoenêr gaan maak nie. Die besparing as jy jou lugreëling afskakel en die kattebak leegmaak, is minimaal, maar inkrementeel.

petrol
Hoe meer jy versnel, hoe vinniger beweeg die naald na die E toe. Foto: Gallo Images

Kyk egter om jou rond as jy weer werk toe ry en jy sien die twee belangrikste redes waarom Suid-Afrikaners kla oor die petrolprys: Eerstens ry ons veels te vinnig en tweedens ry ons almal in ons eie motor.

Die geheim van brandstofbesparing is om so min as moontlik te versnel. Dit beteken ooglopend ook dat jy dus so min as moontlik moet rem trap.

Dit vereis dat jy nie op die snelweg verby een motor versnel net om te moet rem trap agter die stadige verkeer wat die heuwel op beur nie.

Dit vereis – baie soos jou geldsake – dat jy verder vooruit antisipeer wat in die verkeer aan die gang is. Nie een, twee motors voor jou nie, maar tien motors voor jou. Dan kan jy ’n snelheid kies wat die minimum versnelling sal verg.

As jy in die konsep van ekstreme brandstofbesparing belang stel, lees gerus die blogger Mr Money Mustache, ’n Amerikaner wat vroeg – voor 30 – “afgetree” het deur drastiese besparing tot ’n kunsvorm te verhef.

Sy slagspreuk is: “‘If you have to brake, you’ve made a mistake.”

Een van sy wenke is dat jy jou verbeel jou remme is gekoppel aan ’n luidspreker wat “Meeeeeeeeeehhhhhhhhhh” skree vir so lank as wat jy rem trap. Want as jy moet rem, het jy nie brandstofdoeltreffend bestuur nie.

Oor die tweede punt: Is dit werklik moontlik dat duisende mense elke oggend vanaf presies dieselfde afrit op presies dieselfde snelweg op presies dieselfde tyd werk toe ry, maar nie een van hulle kan iemand vind om ’n rit mee te deel nie? Wanneer laas het jy werklik probeer om ’n saamryklub te begin? Selfs al doen julle dit net een keer per week, gaan almal uiteindelik aan brandstof bespaar.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Petrolprys  |  Spaarmaand2019  |  Brandstofpryse  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2085,82 (-20024)
  • Top 40 51145,55 (37671)
  • All Share 57123,78 (34185)
  • Resource 10 44133,06 (45362)
  • Financial and Industrial 30 78010,93 (42741)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.