Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 14 uit 31

Julie is Spaarmaand. Hoewel een skoolvakansie pas verby is, begin baie van ons al uitsien na die wegbreek aan die einde van die jaar. Maar gaan jy dit (weer) met jou kredietkaart finansier?

  

Wees ’n toeris – by die huis

  

gesin, vaderskap, vadersdag
Moet jy dalk een jaar jou seevakansie prysgee ter wille van groter finansiële sekerheid? Foto: Pixabay

Volgens ’n peiling wat die reislojaliteitsprogram Avios vroeër vanjaar gedoen het, beplan 75% van Suid-Afrikaanse huishoudings hul vakansies lank vooruit. Baie mense het dus reeds begin dink wat hulle in Desember gaan doen.

Ongelukkig lyk dit nie asof finansiële beplanning deel uitmaak daarvan nie – minstens ’n derde van Suid-Afrikaners finansier hul vakansie met hul kredietkaart en slegs 6% sê hulle betaal alles kontant.

Die vraag is natuurlik nou: Hoe lank betaal jy elke jaar af aan jou jaarlikse vakansie? Die Avios-peiling het nie dié vraag gevra nie, maar ’n Amerikaanse peiling wys dat net 42% van huishoudings die vakansieskuld binne drie maande afbetaal, volgens CNBC. ’n Hele 28% het einde 2018 gaan vakansie hou terwyl hul 2017-vakansieskuld nog nie afbetaal is nie!

As jy en jou gesin elke jaar vier weke by Hartenbos gaan kampeer, maar jy dit op skuld of met jou jaarlikse bonus doen, is dit dalk tyd om vanjaar te herbesin ter wille van jou langtermyn- finansiële gesondheid.

Dit kan ewe ontspannend wees om ’n slag by die huis te bly oor die Desember-vakansie. Jy sny die twee grootste uitgawes van die vakansie – brandstof en verblyf – uit.

Jou kosrekening sal ook heelwat laer wees aangesien jy minder snoepgoed sal koop en minder sal uiteet.

En daarby hoef jy nie iemand te betaal om jou huis op te pas of na jou troeteldiere om te sien nie.

Jy gaan steeds die kinders (en jouself) moet vermaak en gaan dalk ’n bietjie moeite moet doen om nuwe plekke in jou omgewing te besoek, maar ons woon in Suid-Afrika – pragtige natuurskoon en interessante aktiwiteite is glad nie ver van enige plek nie.

’n Sogenaamde staycation is die ideale kans vir ’n aktiewe vakansie (stap, fietsry) en ’n groot selfdoenprojek (verf ’n kamer uit, pak die garage reg).

Baie van die dinge wat ’n gesinsvakansie spesiaal maak – bordspeletjies, braai en saam gaan stap as gesin – kan net sowel by jou eie huis gedoen word.

Herontdek die museums, planetariums en ander betreklik goedkoop besienswaardighede in jou eie dorp, stad of provinsie op daguitstappies. Onthou net om jou eie padkos in te pak!

En wie weet, dalk lyk jou geldsake danksy dié opoffering vir die hele 2020 beter sodat Hartenbos weer moontlik word sonder dat jy snags moet wakker lê oor jou skuld.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2176,76 (1034)
  • Top 40 50134,22 (-73968)
  • All Share 56220,41 (-67482)
  • Resource 10 43812,73 (-19543)
  • Financial and Industrial 30 76180,46 (-139445)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.