Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 16 uit 31

Julie is Spaarmaand. Wanneer dit by jou gesondheid kom, is voorkoming meestal beter as genesing – ook vir jou sak.

   

Voorkom groot mediese uitgawes

  

Groot mediese uitgawes kan voorkom of uitgestel word as jy gereeld voorkomende toetse laat doen. Foto: iStock

Die vroeë opsporing van gesondheidsprobleme verlaag jou kanse om ernstig siek te word. Dit sluit in die diagnosering van hoë bloeddruk, cholesterol en bloedsuikervlakke, asook die vroeë opsporing van kanker.

Die behandeling van die meeste van dié toestande word gedek onder die chroniese en akute voordele, die sogenaamde voorgeskrewe minimum voordele, wat mediese fondse verplig is om te betaal. ’n Mediese fonds kan wel op grond van sy voorgeskrewe behandelingsplan of goedgekeurde middels vir dié toestande limiete stel.

Die vroeë opsporing van gesondheidsprobleme kan nie net jou lewe red nie, maar ook op langer termyn derduisende rande bespaar.

’n Naald in die arm of ’n ondersoek van jou private dele is nou nie wat enigeen pret en plesier sal noem nie, maar doen dit vir jou gemoedsrus, ook finansieel.

Hier is ’n paar toetse wat gereeld gedoen moet word. Jou ouderdom, leefstyl en familiegeskiedenis sal bepaal of dit gereeld een keer per jaar of een keer elke vyf jaar beteken – praat met jou dokter daaroor:

  • Bloeddruk
  • Lipogram, cholesterol en/of trigliseriede
  • Ultrasensitiewe C-reaktiewe proteïen (’n maatstaf van kardiovaskulêre en ander inflammasieverwante risiko’s)
  • Glukose, insulien en/of glukosetoleransie
  • Skildklierfunksie
  • Kortisol
  • Volle bloedtelling en/of ystervlakke
  • Lewer- en nierfunksie (veral indien jy reeds chroniese medisyne gebruik)
  • Prostaatondersoek en bloedtoets vir prostaat-spesifieke antigeen (PSA)
  • Buiksonar (vir aortiese abdominale aneurisme, AAA)
  • Kolonoskopie (vir dermkankers)
  • Gastroskopie (vir maagkanker)
  • Mammogram (vir borskanker)
  • Long-tomografie (’n skandering vir longprobleme, veral belangrik vir rokers)
  • Papsmeer (vir servikale kanker)
  • Beenmineraal-digtheidstoets (vir osteoporose)
  • Glaukoom
  • Velondersoek (selfondersoek, veral vir mense met ’n ligte gelaat en mense wat in hul lewe baie tyd buite deurgebring het)
  • Testikulêre ondersoek (selfondersoek)
  • Borsondersoek (selfondersoek)

Bykomende bronne: WebMD, Life Line Screening

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.