Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 17 uit 31

J ulie is Spaarmaand. Wat is jou “slegte” gewoontes? Hoe bereid is jy om dit – ter wille van jou sak – prys te gee? Dalk hoef jy dit nie heeltemal prys te gee nie – lees hier.

  

Kyk mooi na jou ‘slegte’ gewoontes

  

soettand
Waarvoor het jy ’n swak plekkie - sjokolade, bier, biltong, wyn? Besnoei ’n bietjie en kyk wat in jou geldsake gebeur. Foto: Pixabay

Dis maklik vir ’n nie-roker om te sê: “Hou op rook – dis sleg vir jou gesondheid en kos ’n fortuin.”

Eweneens is die maklik vir ’n geheelonthouer om vir ’n wyn- of whisky-liefhebber te sê: “Hou net heeltemal op drink.”

Elkeen van ons het ’n “slegte” gewoonte, en die meeste van ons twee, drie of vier. Ek is ’n soettand en het ’n swak plek vir goeie koffie en goeie wyn (daar is hulle, drie van my eie sondetjies).

Jy kan jouself dalk nie keer om elke week ’n Lotto-kaartjie te koop nie. En jy kan nie by die biltongwinkel verbyloop nie.

Solank jou sondetjies nie dramaties skadelike vlakke bereik het nie – jy is nie volslae afhanklik nie, het nie gesondheidsprobleme as gevolg daarvan ontwikkel nie en gebruik nie broodgeld om dit te kan bekostig nie – is ons raad dié spaarmaand: Geniet dit, maar skaal net ’n bietjie af daarmee.

Pleks van elke aand ’n glas rooiwyn of whisky ná werk te drink, verminder dit tot twee keer per week. Pleks van tien sigarette per dag te rook, verminder dit geleidelik. Pleks van elke week die Lotto én Powerball te speel, speel een keer elke twee weke net die Lotto.

Pleks van elke keer wanneer jy gaan inkopies doen, ’n pak lekkers of ’n hele blok sjokolade of ’n gaskoeldrank te koop, skaal jou soettand af tot een stafie sjokolade een keer per week.

Daar is baie ander plesiertjies waarop jy kan afskaal as jy regtig wil geld spaar: ’n tydskrif elke week, ’n mani- of pedikuur elke maand.

Die probleem met al hierdie sondetjies is dat dit nie na baie geld klink nie. Maar R25 hier en R60 daar kan alles ’n aardige bedrag aan die einde van die maand word.

Die beste manier om versoekings te weerstaan is om jou langtermyn-spaardoelwitte heeltyd vir jouself te herhaal.

As jy spaar vir ’n oorsese reis en in die versoeking kom om ’n koppie koffie te koop, sê vir jouself: “Ek sal liewers ’n koppie koffie in Parys/Istanbul/Athene kan bekostig.”

En as dit jou aftrede is waarvoor jy dringend meer geld moet spaar, sê vir jouself: “Ek sal liewers eendag as ek afgetree is, ’n koppie koffie saam met my vriende kan geniet as om dit nou hier by die werk af te sluk.”

As jy gereeld daardie R25-cappuccino weerstaan en die geld spaar, sal jy eendag as jy oud is, tientalle koppies kan bekostig.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2085,82 (-20024)
  • Top 40 51145,55 (37671)
  • All Share 57123,78 (34185)
  • Resource 10 44133,06 (45362)
  • Financial and Industrial 30 78010,93 (42741)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.