Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 18 uit 31

Julie is Spaarmaand. Een van die grootste geldfoute wat ’n mens kan maak, is om kuikentjies te tel wat nog nie uitgebroei is nie. Ons verduidelik.

  

Oppas vir wensdenkery

  

kuikens, hoenders
Hierdie een kan jy maar tel! Foto: Pixabay

Jy hoor die rentekoers gaan dalk later vandag daal. Jy bel jou man en sê hy moet maar KFC huis toe bring vanaand, jy is nie lus vir kosmaak nie – en julle het mos nou ’n paar ekstra rand.

Probleem is: Daai KFC Family Treat kos R214,90 (en dit sluit nie koeldrank in nie) en die verlaging van die rentekoers op jul huisverband van R1 miljoen teen prima rentekoers beteken jul paaiement daal met R166,21. Jy is dus R48,69 in die rooi – op geld wat jy boonop eers oor ’n maand gaan sien.

Nog ’n voorbeeld: Jy word bevorder en dit kom met ’n stewige verhoging. Jou rowwe sommetjies wys jy gaan R5 000 meer in jou sak hê en jy besluit: Ditsem! Tyd vir ’n nuwe motor. Jou koopkontrak is geteken nog voordat jy daardie nuwe betaalstrokie gesien het.

Die probleem is: Jy het vergeet van belasting en jy het vergeet dat jou nuwe motor se versekering heelwat meer kos as die oue wat jy ingeruil het. So nou is jy sê maar R500 in die rooi en jy gaan sukkel om jou begroting te maak pas.

Slotsom: Moenie in jou kop beplan hoe jy jou Lotto-geld, erfporsie, bonus of verhoging gaan bestee nog voordat jy daardie geld ontvang het nie. En wanneer jy wel weet presies hoeveel dit is, maak spaar – dus die belê van daardie geld vir die toekoms – jou eerste prioriteit. Dít en die afbetaling van skuld.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.