Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 19 uit 31

Julie is Spaarmaand. As jy tieners in die huis het, sit jy waarskynlik met die hande in die hare oor jou kosrekening! Hier is raad.

  

‘Rantsoeneer’ die hamsters

  

Tieners se kieste is konstant vol – soos hamsters s’n. Foto: Pixabay

Daar is baie ooreenkomste tussen hamsters en tieners: Albei spesies is dikwels nagdiere en slaap graag dae om en albei kan betreklik territoriaal wees oor hul “hokkies”.

Vir die doelwit van Spaarmaand is die grootste probleem egter daardie kieste wat konstant vol is. ’n Tiener sal vyf minute ná aandete weer die kas- of yskasdeur oopmaak en aan iets begin knaag.

Huishoudings het egter ook ander knaagdiere – sommige hou dalk van biltong, ander hou dalk van koekies.

Dis waarom dit klink na ’n blink plan om ’n maand of drie se begroting vir koeldrank, skyfies, koekies en lekkergoed grootmaat (en dus goedkoper) aan te skaf. In die praktyk sal jy dalk egter vind dat die voorraad binne weke – dalk selfs binne dae! – verorber word.

Die oplossing? Vind ’n veilige spens waar niemand die lekkernye gaan opspoor nie en sit net weekliks (of selfs daagliks as die probleem groot is) ’n rantsoen daarvan in die kombuiskas.

Dit kan meebring dat julle heelmaand lank ietsie lekkers kan geniet, sonder om meer te bestee.

As jy nie ’n veilige bêreplek het nie, koop dan maar eerder die eetgoed aan soos wat dit nodig is, al kos dit ’n klein bietjie meer omdat jy dit nie grootmaat aankoop nie.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.