Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 20 uit 31

Julie is Spaarmaand. Leer om sekere basiese take self te doen en jy kan baie geld bespaar.

Leer dit self doen

Dis regtig nie nodig om ’n versteller te betaal om ’n soom in te sit of ’n knoop aan te werk nie – dis ’n takie wat jy maklik self kan aanleer. Man, vrou en kind kan basiese naaldwerkvaardighede aanleer.

Pixabay
Jy kan baie geld spaar as jy self jou huis in stand kan hou. Foto: Pixabay

Net so kan enigeen leer om sekere basiese instandhouding by die huis te doen – van krake in mure regmaak tot houtwerk vernis.

Die probleem is dikwels nie die “kan nie”, maar die “wil nie” – saans en naweke is immer kosbare gesinstyd en rustyd. Maar min dinge is so bevredigend as om iets reg te maak of mooi te maak en boonop geld in die proses te spaar.

Daar is baie boeke in die biblioteek en baie video’s op YouTube wat jou alles oor basiese instandhouding wys, van die vervanging van ’n kraan tot die regmaak van elektronika.

Sekere take verg wel ’n bietjie oefening. Lifehacker het die oulike wenk dat jy selfdoenvaardighede aanleer deur jouself as ’n vrywilliger aan te meld. “Om op ’n perseel te werk met ’n organisasie soos Habitat for Humanity is ’n puik manier om meer oor huisherstelwerk te leer terwyl jy iets goeds ook doen.”

’n Paar waarskuwings:

  • As jy duur toerusting moet koop om ’n taak te voltooi, en dit toerusting is wat jy net een keer gaan gebruik, dink weer of dit nie goedkoper gaan wees om iemand te huur nie.
  • As die taak ná ’n eerste of selfs tweede probeerslag bo jou vuurmaakplek blyk te wees, kry hulp voordat jy groter skade aanrig wat selfs méér geld gaan kos om reg te maak.

En die beste wenk van alles: Maak seker jy het ’n goeie loodgieter en nutsman wat jy vertrou, dalk ook ’n elektrisiën en skrynwerker. Vra aanbevelings van vriende en familielede in jou buurt.

As jy ’n huiseienaar is, sal jy in die een of ander stadium in ’n noodgeval dié mense nodig kry, en dan wil jy nie op iemand moet staatmaak wat jy op Google opgespoor het nie . . .

Meer oor:  Spaarwenke  |  Instandhouding  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.