Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 21 uit 31

Julie is Spaarmaand. Webwerwe oor spaar raai mense dikwels aan om hul eie waspoeier te maak of hul eie groente te verbou. Is dit goeie raad?

  

Selfmaak is nie altyd goedkoper nie

  

Bestanddele vir jou eie skoonheidsmiddels – speel lekker, maar maak eers jou somme om te kyk of jy regtig spaar.Foto: Pixabay

Om ’n groentetuin te begin en vrugtebome te plant sodat jy al die tussengangers kan uitsny vir jou varsprodukte klink na ’n goeie plan.

Dit verg egter ’n groot aanvanklike besteding aan die regte grond, kompos, voedingstowwe, saad, besproeiing, jou gekose middels teen peste en plae. En daarna verg dit heelwat toewyding en deurlopende sorg.

Die meeste vrugte, met die uitsondering van suurlemoene, dalk, verg heelwat kennis om te keer dat voëls, insekte en siektes soos roes nie jou oes vernietig nie.

Sekere soorte groente is makliker en goedkoper om te verbou as ander en lewer ’n behoorlike oes op – tamaties, groenbone en blaarslaai, byvoorbeeld. Kruie is altyd lonend, mits jy natuurlik wel vars kruie in jou kos gebruik.

Doen jou navorsing oor insetkoste en oes – teenoor jou huidige besteding aan groente en vrugte – voordat jy dié perd opsaal.

As dit kom by ander selfmaak-skemas, soos om jou eie waspoeier te maak, maak eers seker dat jy wel spaar.

Dan is daar dinge soos natuurlike skoonheidsmiddels – van vogroom tot gesigmaskers.

As die hoofbestanddeel iets soos hawermout, komkommer of melk is, is dit dalk wel goedkoper om dit self te maak as om dit te koop, maar as die hoofbestanddeel avokado is – dis ’n duur vrug daai!

Om iets self te maak moet ’n mens ook jou tyd in ag neem, en as jy glad nie groen vingers het nie – hou verby met groente verbou!

Dié raad is natuurlik net van toepassing as jy probeer geld spaar. As jy nie nodig het om jou sente om te draai nie, geniet die selfmaak-pogings na hartelus. Dis heerlike doendinge vir ouers met jong kinders of selfs tieners.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.