Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 22 uit 31

Julie is Spaarmaand. Vandag gee ons raad oor hoe om spaar ’n gewoonte te maak.

  

Outomatiseer jou geldsake

  

Maak hulle outomaties vol - jy sal nie spyt wees nie. Foto: Pixabay

Die maklikste manier om seker te maak jy spaar genoeg én om seker te maak jy vergeet nie om ’n rekening te betaal nie (wat ekstra koste kan meebring), is om jou geldsake te outomatiseer.

Jy kan gereelde betalings aan jou effektetrustfonds en jou spaarrekening per debietorder betaal of jy kan ’n elektroniese betaling (EFT) opstel – die meeste banke laat jou toe om tot 12 maande vooruit ’n EFT te skeduleer.

Nog ’n manier om spaar te outomatiseer, is met die app Stash. Stash help jou spaar sonder dat jy dit agterkom. Koppel jou krediet- of debietkaart en Stash sal elke dag ’n minimum van R5 in ’n Liberty- belastingvrye spaarrekening van jou keuse vir jou gooi. Verder kan jy dit ook stel dat jy meer spaar hoe meer treë jy gee of spaar as die son skyn sodat jy letterlik spaar vir ’n “reënerige dag”. (’n Belangrike beperking is natuurlik dat dit net vir Liberty-produkte gebruik kan word.)

Skeduleer dinge so dat jou spaargeld uit jou rekening verdwyn so twee dae ná betaaldag (sodat betalings deurgaan selfs indien betaaldag later is omdat die datum op ’n naweekdag val). Jy kan nie geld bestee wat jy nie het nie.

Outomatisering veronderstel dat jy ’n begroting het en dus reeds bepaal het wat jy kan bekostig om te spaar. Maar selfs al spaar jy net die minimum outomaties, is dit al ’n beginpunt.

As jy die hele maand lank jou sente omdraai, kan jy gerus voor die volgende betaaldag alle “kleingeld” in jou rekening oordra om skuld te help afbetaal of om nog geld te spaar. (Daar is dikwels minimum bedrae wat jy kan oordra na spaarrekeninge, effektetrustfondse of selfs jou huisverband, maar jy kan die geld laat ophoop in jou kredietkaart totdat dit genoeg is om te “spaar”. Moet dit net nie vir luukse besteding gebruik nie!)

Outomatisering van soveel as moontlik rekeninge sal meebring dat jy nie rente moet betaal omdat jy ’n betaling vergeet het nie, en nie van ’n diens afgesny word nie, wat op sy beurt weer aansluitingsgeld kan meebring.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.