Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 23 uit 31

Julie is spaarmaand. As jy ophou om jou neus op te trek vir gebruikte goedere, kan jy derduisende rande spaar.

  

Koop ‘tweedehands’

  

Moenie vir jou klein “wonderkind” ’n nuwe viool koop nie – kyk maar eers of daardie stokperdjie langer as ’n jaar of twee hou. Foto: Pixabay

Daar is niks so lekker soos die uit-die-boks-reuk van nuwe goed nie. Van ’n nuwe motor tot nuwe speelgoed, van nuwe babaklere tot nuwe meubels – dit bly maar lekker, selfs al maak die prysetiket dalk seer.

Maar as die geldnood druk, moet jy winskopies uitsnuffel – en dit beteken dat jy gebruikte goedere moet oorweeg.

Begin by jou volgende motorkoopbesluit. Cars.co.za berig dat die waarde van jou nuwe motor met 15% tot 50% in die eerste jaar daal – die jaar waarin die waardevermindering die grootste is.

Teoreties beteken dit dat jy ’n jaar oue motor kan aanskaf teen ’n enorme afslag op die nuwe model. Op ’n motor van R200 000 beteken dit jy kan tussen R30 000 en R100 000 rand bespaar. Gewilde modelle, motors met min kilometers en dié wat baie goed versorg is, depresieer die minste, maar hul waarde verminder steeds!

Maak wel altyd seker jy koop ’n gebruikte motor by ’n betroubare handelaar of laat ’n private motor eers nagaan by die Outomobiel-Assosiasie of ’n handelaar voordat jy koop.

Nog dinge wat jy nooit nuut hoef te koop nie, sluit in:

  • Babaklere, -meubels en -toerusting: Jy sal wel genoeg splinternuwe kleertjies en bybehore geskenk kry, maar vind gebruikte goedere by vriende en familielede of besoek Baby Exchange. (Ons beveel wel aan dat jy ’n motorstoeltjie nuut aankoop ter wille van veiligheid.)
  • Aand- en trouklere: Het jy régtig ’n nuwe rok nodig of kan jy een huur of ’n gebruikte rok koop?
  • Klere: Benewens ons idee om klere met vriende te ruil en só jou klerekas te verfris, is daar heelwat winkels vir gebruikte klere – en retro of vintage is altyd “in”.
  • Meubels: Kyk uit vir tweedehandse meubels, wat met ’n bietjie moeite opgekikker kan word.
  • Boeke (veral handboeke): As jy nog boeke koop, gaan snuffel in winkels wat tweedehandse boeke inruil en verkoop. Dalk maak jy selfs ’n paar rand uit die boeke op jou rak wat jy nie meer lees nie.
  • Sporttoerusting: Voordat jy ten duurste in ’n nuwe bergfiets of stel gholfstokke belê, leen by ’n vriend. As jy oortuig is van jou saak, kyk op webwerwe vir gebruikte goedere.
  • Musiekinstrumente: Nuwe snare of rietjies (vir sekere blaasinstrumente) en siedaar, jy of jou kinders kan musiek leer maak teen ’n fraksie van die prys van nuwe musiekinstrumente.
Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.